Bak en Brou – ‘n Resep vir kleuters

Gallery

 

Leila se gunsteling vraag is as op naweke vir haar Pa kom kuier is: “Wanneerkanons bak-en-brou?” Natuurlik het ek sy 6 jarige na die beste van my vermoe probeer oplei om ‘n foodie te word… Dit is hoe ek ook ‘n foodie geword het. Ekkan  onthou hoe ek en my ma altyd die beste tye gehad het as ek haar gehelp het in haar kombuis! Een van my beste vriendinne sal ook vertel van hoe ons die beste kuiers ooit in die kombuis gehad het, rondom haar tafel met koffie en iets wat sy trots gebak het.

 

My ma het ook Dogters-kursusse aangebied vir laerskool dogtertjies. Tydens hierdie week kursusse het sy omtrent 10 dogtertjies opgelei om te kook. Dit was fantasties, ek wens ekkandie foto’s iewers opspoor! Sy het ons geleer sjokelade vormpies maak, Romany Creams, en die hoogtepunt van die week was die frikkedelle en rys resep (nou nog een van my gunsteling disse om te maak!)

Nou vir die rede dat ek nou alweer beplanning doen vir Leila se bak en brou, en siende dat dit more my ma se 9 maande se herdenking is op haar hemel reis, wil ek graag vandag skryf oor my en Leila se lekkerste bak en brou sessies saam.

 

Net om die opbou van die sessie te illustreer, ek het al die klein verassingkies geplaas op koerantpapier buite op die stoep. Ek het haar geroep en groot gegaan met die kamera!

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Kleuter Bak en Brou

 

Vir die bakstene:

Roomys horingkies

Marie Beskuitjies

‘n verskeidenheid van verskillende vorme lekkers (i.e. smarties, malvalekkers, liquorice allsorts, jelly-tots, melk botteltjies)

 

Vir die sement/gom:

Halwe koppie versier suiker

2 x Eetlepels Kookwater

1 x Druppel voedselkleursel

 

Meng die versier suiker totdat dit ‘n dik – gom-agtige konsistensie het!

 

Geniet die Bak en Brou met jou kleuters! (En weet dat die herinneringe is prysloos!)

About these ads

One response »

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s