Anti-Weermag Kool Resep

Gallery

Kool in repies gesny

 

Ek glo die beste resepte wat ons in ons lewenskankry is die resepte wat ons by vriende kry! Hierdie kool resep is een van daardie wenners. Ek het dit by een van my vriendinne gekry wat glo dat die mans veral mal is oor hierdie resep. Ons het op nuwe jaarsdag by hulle gaan eet vir middag ete, hulle het die mees fantastiese bees stert gemaak met stamp mielies met hierdie kool resep. Ek kon net nie genoeg van hierdie kool geniet nie. Die bees stert is ook nog op my lysie van To-do resepte!

 

Ek hou ook daarvan om groente vir my in te pak vir middag etes by die werk en hierdie een was al voorwaar ‘n wenner vir ons middag etes. Hierdie resep is gebasseer op die ou manier van aartappels maak (met die bruin uie sop & room/joghurt) maar die kool werk werklik fantasties in hierdie resep.

 

Baie mans skroom maklik weg van kool, ek het al soveel riller stories gehoor van hulle weermag dae en die (amper) daaglikse kool wat hulle ge-eet het. Gelukkig is die nuwe generasie mans nie gestraf met die weermag dae nie.

Daar was navorsing gedoen en bevind dat die onaangename reuk wat van kool afkomstig is, wanneer dit gekook work, slegs daar is wanneer die kool ge-oorkook word. (Ek kon niks vind oor die feit dat in hierdie gereg die kool gebak word nie, ipv gekook) Ons Suid Afrikaners ken ook baie goed die Ouma in die kombersie, en die metode van vleis wat toegedraai is ‘n stukkie kool word in vele lande ook bedien soos: Slovakie, Duitsland, Rusland, Poland, etc. Ek het ook gelees van ‘n gereg waar Groente gevul word met opgesnyde kool en word ‘n mango genoem! ‘n Paar ander interressante kool disse is:

 

  • Bubble and Squeak – Aartappels, Kool en vleis wat saam gediepbraai word
  • Colcannon – ‘n Ierse dis met fyn-gemashede aartappels, kool en and ander groen gekookte
  • Corn dodgers – Amerikaanse poffertjies met ham en kool
  • Sauerkraut –  Duitse ingelegde suur kool (die mees bekende dis)

 

Kool is ‘n baie goeie bron van Vitamiene C, dit bevat ook Glutamiene wat ‘n hoë anti-flamanitoriese eienskappe bevat. Kool bevat ook Indole-3-Carbinol wat DNA herstelling in selle bevorder en ook die groei van kanker selle blok.

 

Anti-Weermag Kool Resep

 

1 x Mediumslag Kool

500 ml Gewone Yoghurt of 500ml Room

1 x Pakkie Bruin Uie sop

 

1. Skakel die oond aan teen 180°C

2. Sny die kool op in repies

3. Pak die repies kool in lae in ‘n gesmeerde oondvaste bak

4. Sprinkel die uie sop oor die lagies kool

5. As al die kool in die bak is, gooi die joghurt/room oor die kool

6. Bak toe vir 45 minute in die oond, roer die kool eenmaal deur in die helfte van die bak proses

7. Hierdie kool is nog lekkerder die volgende dag, so hou dit ingedagte wanneer jy onthaal

2 responses »

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s