Mmmmm Tacos

Gallery

Ek dink dis ‘n fantastiese eerste blog om mee te begin gegewe my naam… Chilli-liefde (ja, die blog bladsy het vir my ‘n hartseer boodskap gegee dat ek net letters mag gebruik, hoe ons tog net gehoorsaam is aan die kompers en hulle reels!)

Ek was nog altyd fanaties oor enige-iets Meksikaans…. Tequila, warm (soos in gegeurde “spicy” ) kos, die kleurvolle huise en kleure en natuurlike die pragtige Meksikaans mans & vrouens. Ek kan nie onthou hoeveel keer het ek al die fliek Frieda gekyk het nie.

Skat-se-At het my voorgestel aan Tacos, dis tans my gunsteling Meksikaanse gereg. Ons het dit al gereeld gemaak om die perfekte smaak-sensasie te kry.

Boertjie Tacos

(Bedien 4 mense, of een Taco-Addict)

Maalvleis-mengsel

1 x Ui Opgekap

500g Maalvleis

1tlp x Maalvleis Speserye

1tlp x Kaneel

2 tlps x fyngemaakte knoffel

Halwe pakkie Bruin Uie Sop

2 Tlp Worcestor sous

Braai die ui, tot bruin & Deurskynend

Gevolg deur die Maalvleis

Gooi die halwe pakkie uis sop oor die vleis (onthou: sop poeier gee nie soveel smaak aan die vleis, soos wat dit verseker dat die sousie lekker dik word oor die vleis nie)

Gooi al die speserye & kruie oor die vleis

Laat dit prut vir so 15 min met ‘n kwart koppie ekstra water

** Indien jy van Chillies hou, kan jy ook 2 – 3 opgesnyde groen chillies saam met die uie braai in die begin **

Tacos

Die Taco Skulpies is beskikbaar by meeste supermarkte in Gauteng (gewoonlik by die Pasta afdeling)

Die Tacos laat jy vir so 6 min in die onderste rak op 180 C bak

Die Vulsel

Plaas nou die maalvleis (met ‘n teelepel werk die maklikste) onder die skulpies

gevolg deur opgesnyde tamaties

Guacamole (jy kan of die gekoopte Guacomole gebruik, of tuisgemaak: een fyngemaakte Avo, suurlemoensap, peper)

Laaste kan jy of gerasperde kaas oorsprinkel of vir ‘n meer gesonde en natuurlike smaak: opgekerfde chillies & rocket!

Eet dadelik!!

** Net ‘n wenk… Omdat die skulpies nogal lomp is om mee te werk, gebruik ek ‘n bakkie met Aartappel wiggies om die bou van die Tacos makliker te maak! **

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s