Pop-Eye Kos / Roomspinasie

Gallery
Room Spinasie

Room Spinasie binne 10 minute

Gisteraand was weer van daardie aande… Na ‘n Guiness Book of Records lang tyd wat ek vasgesit het in die verkeer, het ek liggies uitgeput besluit om die vinnigste moontlike aandete aan mekaar te slaan.

Ek het besluit op een van Tannie Ina Paarman se disse (dis lekker vinnig en altyd watertand lekker) uit haar Summer Food Kookboekie. Natuurlik halfpad deur die suppervinnige voorbereiding, het Karma nog nie genoeg vir my ‘n blou Maandag gegee nie, en die krag het uitgegaan… Gewoonlik is dit my gunsteling tyd in die bos, geen kunsmatige lig nie, dis die mees vredevolste (as dit ooit ‘n woord is) gevoel ooit! Maar gisteraand was die vrede-tyd liggies ongelee…

Ekkanwel met sekerheid se dat, nadat die krag wel terug gekom het, het hierdie maaltyd nie meer as 10 minute gevat om voor te berei nie!

Spinasie is baie ryk aan yster en ek het gaan navorsing doen oor die beste absorbsie van die nutriente. Volgens die kenners verhoog die iname van Vitamiene C die absorbsie van die yster in die liggaam, dus het ek ‘n paar druppels suurlemoensap bygevoeg by die roomspinasie.

Pop-Eye en sy spinasie

Net ‘n paar interressante feite oor Spinasie, die oorsprong is in die oorlogbelaaideIran. Die strokiesprent Pop-Eye waar die karakter ongelooflik sterk word nadat hy Spinasie geeet het, is net ‘n mite. Die strokiesprent was gebasseer op ‘n verkeerdelike kalkulasie op die yster inhoud in spinasie, ‘n Duitse wetenskaplike het die komma van die ysterinhoud in spinasie op die verkeerde desimaal geplaas in 1870 wat die ysterinhoud met honderdmaal verhoog het.

Spinasie en brokkoli is die twee groente wat die meeste in kommersiele televisie uitgebeeld word as ‘n aaklige groente!

Romerige Spinasie

1 medium groot uie, opesny in blokkies

1 groot bondel spinasie, in growwe repies gesny

50 ml Suurlemoensap

Sout en suurlemoen growwe peper

250ml room

1. Braai die ui net tot deurskynend (‘n wok werk fantasties vir hierdie resep)

2. Braai die spinasie vir 1minuut saammet die ui

3. Voeg sout & suurlemoen peper by

4. Voeg die suurlemoensap & room by en laat dit prut vir ongeveer 5 minute of totdat die mengsel romerig is (in plaas van waterig)

Variasies: ‘n blikkie sampioene ka nook lekker werk met die resep (voeg die gedreineerde sampioene by na die spinasie)

‘n klein pakkie opgesnipperde spek of selfs ham sal ook lekker werk

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s