Kersiekonfyt vark tjops

Gallery

Ek het die oulikste botteltjie Kersie konfyt as ‘n geskenk gekry van my Pa af, al die pad ingevoer van die kersie fees in Ficksburg.

Kersie konfyt ingevoer van Ficksburg

Die Kersie Fees is die oudste oes fees in Suid Afrika en hardloop al vir ‘n volle 42 jaar. Kersies bevat “anthocyanins” watkanhelp met pynverligting. So dis ‘n natuurlike en ‘n gesonder Panado J Volgens my goeie vriend Wikipedia was daar ook studies gedoen inSan Diegowaar ‘n groep proef-rotte minder gewig opgetel wat op ‘n hoe vet dieet was tesame met baie kersies as die groep wat net op die hoe vet dieet was.

Die hoof produsent van kersies in die wereld is Turkye.

Die geglansde kersies (of koek kersies) het ‘n onbeperkte rak leefte en die hele Suid Afrika se geglansde kersies word geproduseer in Ficksburg!

Skat-se-At smeek my nou al vir weke vir Tannie Ina Paarman se Gekaramaliseerde Pere en Vark Tjops. My inspirasie vir die herhaling van hierdie resep is gebasseer op my oulike Kersie konfyt geskenkie, wat ek besluit he tom te inkorpereeer met die baie gewilde Tannie Ina Paarman resep. Hierdie is nogal ‘n intense resep, met ‘n dubbel kook metode maar wel die moeite werd. Haar resep se ook vars pere, maar ek verkies persoonlik die geblikte pere (dit neem nie so mooi foto’s nie, maar dit is sagter en meer sappiger.)

Vark tjops met pere

Ina Paarman Gekaramaliseerde Varktjops met Pere

1 Uie in 8 wiggies gesny

1 halwe blikkie pere of 2 vars pere in kwarte gesny met die skil & pitte

Olyf olie

Growwe peper or Ina Paarman Vegetable Spice

1 t Warm Mosterd Poeier (laat dit week in 1 t koue water vir 10 minute)

4 Vark Tjops

Vleis Speserye (Ina Paarman Meat Spice werk lekker)

Hoender aftreksel

0.5 Koppie water

0.5 koppie marmalade of 0.25 koppie kersiekonfyt & 0.25 koppie marmelade

1. Oond op 220°C & Spray & Cook ‘n groot oondbak

2. Plaas die uie & pere saammet die olyf olie in die oond vir 20 minute (totdat dit bruin begin word)

3. Pan braai die tjops (wat liggies met die vleis speserye bedek) totdat dit bruin is aan die eenkant. Verwyder van die hitte en laat staan op die ander kant vir 3 minute.

4. Plaas die tjoppies met die bruin kant bo tussen die uie & pere.

5. Plaas die aftreksel en water in die pan, voeg die konfyte en mosterd-water by. Kook vir 2 minute of totdat die souse dik begin word.

6. Gooi oor die vark tjoppies en bak weer in die oond vir 6 minute.

One response »

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s