Tamatie en Balsamic Asyn Uie Quiche

Gallery

Nou wat doen ‘n mens met tamaties wat al amper oor ryp is en jy is nie lus vir nog ‘n slaai of daar is al genoeg tamatie en uie smoor in jou vrieskas?

Ek het die quiche gemaak en het sommer die volgende oggend die res ge-eet vir ontbyt!! Natuurlik kan Skat-Se-At nie verstaan dat ‘n mens nie hierdie gereg ‘n pie noem nie, maar wel ‘n quiche… so ek was vriendelik verplig om die volgende dag ‘n Hoender-pie te maak sodat hy die verskil kan hap!

‘n Quiche (die naaste Afrikaanse woord wat ek kan dink vir Quiche is ‘n souttert – Afrikaners darem en hulle-slaan-die-spyker-op-die-kop-benaming🙂 ) kom oorspronklik van wag vir dit (en met hierdie een sou ek verseker die Weakest Link gewees het) van Duitsland af! Hulle het oorspronklik Kuchen (in Afrikaans ‘n Koek) gemaak. Die verskriklikke kos “snobiste” of die Franse het toe die Kuchen resep oorgeneem by die Duitse en dit aan die res van die wereld voorgestel as Quiche.

Quiche was ook oorspronklike gemaak as Quiche Lorraine – met Vla en spek, op brood deeg…. Gelukkig is die Quiches van vandag met baie kaas en minder soet!

Tamatie en Balsamic Asyn Uie Quiche

Kors:

Een koppie broodkrummels

Halwe koppie botter gesmelt

 

Vulsel:

5 Tamaties

1 uie, dun opgesny en geweek vir 30minute in Balsamic Asyn

1 tlp Balsamic Asyn

1 tlp bruin suiker

1 tlp botter

50g gerasperde kaas

Halwe wiel feta kaas

Twee groen murgpampoentjies baby marrows

Olyf olie

tiemie

 

1. Sny die tamaties in wiggies, sprinkel met olyf olie & tiemie

2. Bak vir 1.5 uur op 160°C

3. Smelt die botter en meng met die broodkrummels, smeer as ‘n kors onder in ‘n ronde pannetjie en bak vir 20minute ook op 160°C

4. Plaas die gebakte tamaties bo-op die kors, gevolg met die murgpampoentjies en feta kaas en laaste die uie en die gerasperde kaas

5. Bak vir omtrent 20 minute @ 180°C

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s