Amper Deja Vu Hoender Pastei

Gallery

Ek het by die mediese kampus geswot inPretoria, en soos enige standard student was die volgende baie waar:

1. Ons het altyd vir maniere/redes/verskonings gesoek om klas te mis

2. Ons was brand-arm studente

So in die begin van die maand as ons karige ou sakgeldjies oorbetaal is, was dit vir my een van die hoogte punte om te gaan middag ete eet by ‘n plaaslike tee tuin naby die kampus, Déjà vu, en ek het ongetwyfel elke keer hulle hoender pastei bestel.

Na universiteit toe my groot passie vir kosmaak begin het, het ek dit my missie gemaak om die Déjà vu se hoender pastei na te boots. My vriende het begin gewoond raak aan die etes wat ek hulle oorgenooi het as proef-konyne om die Nadia bekende hoenderpastei te probeer.

Ek kan nog steeds nie glo dat ek by die Déjà vu resep uitkom nie, maar vir ons is dit al smul lekker. Maak die resep wanneer jy tyd het, want die beste is om die hoender al die vorige aand te kook en die volgende dag te ontbeen.

Probeer: Jy kan natuurlik ge-ontbeende, ontvelde hoenderborsies ook gebruik. Stoom dit vir ‘n paar minute en dan volg jy die resep soos gewoon. Die maak van die hoenderpastei is baie basis, mits jy die hoender ontbeen het!

 

 

 

 

Amper Déjà vu Hoender Pastei

1 x Hoender

Vars Kruie – i.e. Roosmaryn & Tiemie

Hoender Aftreksel

1 x 500ml Gewone Joghurt

‘n Pakkie Droe wit uie soppoeier

1 koppie gestoomde/gekookte ertjies

1 x pakkie sampioene & 1 x uie – bruin gebraai in ‘n pan (saammet ‘n tl. Knoffel)

Sout en peper

1 x glas wit wyn

1 x pakkie “puff pastry”

1 x geklitste eier

  1. Kook die hoender, kruie en hoender aftreksel saam op ‘n lae hitte vir ongeveer 2ure.
  2. Laat die hoender heeltemal afkoel en ontbeen dan die hoender (dis baie meer ekonomies, indien tyd ‘n factor is, gebruik die hoenderborsies – omtrent 8 groot borsies sal genoeg wees)
  3. Skakel die oond aan op 180°C
  4. Rol die puff pastry uit en plaas op die bodem van ‘n gesmeerde oond vaste bak
  5. Plaas jou hoender in die bak bo-op die puff pastry
  6. Meng die joghurt, soppoeier, ertjies, sampioene,uie en glas wyn saam
  7. Gooi die mengsel oor die hoender
  8. Bedek met uitgerolde pastry
  9. Smeer met ‘n kwassie die geklitse eier bo-op die pastry
  10. Bak vir 35 – 40 minute (totdat die korsie lekker bruin is)
  11. laat dit staan vir 5 minute voordat dit gesny word

4 responses »

  1. Pingback: Lychee en Mostert Hoenderpastei « chilliliefde

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s