Frikkedelbroodjie

Gallery

Of te wel ‘n hamburger soos ons dit almal ken, word ‘n hamburger genoem omdat Hamburg, Duitsland die eerste Hamburger gemaak. Toe ek in die Voortrekkers was het ons die interressante Afrikaanse name vir die voorheen tradisionele Engelse dinge:

Hamburger —  Frikkedelbroodjie

Milkshake — Bruismelk

Nou ons het altyd gespot dat ons gaan Spur toe gaan en die volgende bestel: een frikkedelbroodjie met ‘n framboos bruismelk,kan jy jou in dink die verbuisterde uitdrukking wat ek sal ontvang van die kelner? (Prysloos)

Die gemiddelde Amerikaner eet omtrent 30 pond (omtrent 13 kg) Frikkedelbroodjies per jaar…. So dit is omtrent (gemiddeld) 86 frikkedelbroodjies per jaar (as die gemiddelde broodjie 150g weeg) dis 7 keer per maand, amper 2 keer per week!

Genoeg feite… Doen jou familie ‘n guns en maak julle eie Fikkedelbroodjies… dis opwindend, die hele familie kan saam kook en so kan jy hierdie kleuter-vriendelike dis optower in ‘n gesonde maaltyd.

Frikkedelbroodjies

Vir die “frikkedelle” of patties

500 g   beesmaalvleis (maak omtrent 6 patties)

2 e      WorcesterSous

1          eier

50 g     broodkrummels

1 t        kaneel

1 t        vyngemaalde koljander

1          pakkie tamatie puree

1 t        knoffel

2          fyn gerasperde wortels

sout en peper na smaak

1. Meng al die bestandele goed saam.

2. Maak frikkedelle in ronde balletjies (omtrent so groot soos ‘n golf bal, maar dit hang af van hoe groot jy jou frikkedelle wil he) druk dit plat, in die vorm van ‘n patty

3. Braai dit in ‘n bietjie olie op ‘n pan vir omtrent so 3 minute aan ‘n kant

Bedien op jou margarien gesmeerde broodjies, wat jy ook vinnig skrik gemaak het in die pan om dit bruin te maak.

Bo-op die frikkedel broodjies kan jy die volgende bedien:

 

  • Pan gebraaide uie
  • Blaarslaai of rocket blare
  • Opgesnyde tamaties
  • Pangebraaide sampioene
  • Pangebraaide spek
  • Skyfies avocado
  • Stukkie kaas (enige tipe kaas van blou kaas tot cheddar werk)
  • Pynappel
  • Argurtjies
  • Opgekerfde Jalapeno of Rooi chillies

Julle is ook welkom om asb kommentaar te lewer van jou gunstelling bestandele op jou frikkedelbroodjie!

One response »

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s