Maklike Oongebakte Sampioene

Gallery

Skat-Se-At is mal oor sampioene, ek dink dis een van die min groente wat hy met ‘n glimlag in sy lyf sal kry… Wat is dit met die mans-mens-spesie en hulle totale veragting van groente en vrugte. Ek het hom nogal die naweek gevra, hoekom hy nie van groetne en vrugte hou nie, sy antwoord was dat hy dit assosieer met werk. Ja hy voel dit moet gewas word, opgekap word en dan nog gaar gemaak word met ‘n sousie of iets daarby om dit eetbaar te maak… waar ‘n T-Been jy net op die braai gooi en aandete is gedoen. Dit maak nogal sin?

 

Alle sampi-soentjies is fungie maar nie alle fungie is sampioene nie. Sampioene is baie laag in calorie, dit het geen cholesterol nie en is amper vet en sodium vry! Daar is omtrent 1.5 tot 2 miljoen verskillende fungies in die wereld, net 80,000 is al ge-identifiseerd, m.a.w. vir elke 6 spesies fungies is daar een spesie groen plante. So enigeen wat ‘n Flora naam wil maak, Fungi moet dan jou navorsings begin punt wees!

 

Die Egiptenare het geglo dat die sampioen was die plant van onsterflikheid. Die Egiptenare het die gewone mense verbied om sampioene te eet, want dit was geglo om ‘n koninglike voedsel soort te wees.

 

Ek het hierdie sampioene in muffin pannetjies gemaak, want proe die sampioene meer sappiger in plaas van droog as jy dit op ‘n bakplaat maak.

 

Oongebakte Sampioene

 

6 x Groot Swart Sampioene

1 x Teelepel Knoffel

2 x Eetlepels Griekse Slaai sous

3 x Fynopgesnyde Peppadews

1 x Koppie  Cheddar Kaas

 

1. Pak al die sampioene in ‘n gesmeerde muffin pannetjie

2. Verdeel al die bestandele eweredig oor die sampioene met die kaas heel bo-op

3. Bak vir 15minute in ‘n oond teen 180°C

2 responses »

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s