Morokkaanse Hoender Filette

Gallery

 

‘n Paar jaar terug toe ons by die groot en fantastiese Disney wereld was, het die Morrocon-land stalletjie my verskrikklik ge-amuseer! Dis ryk kleure, al die bling-bling van die koper en goue artikels, die reuke van speserye en die lekkerste koffie ooit was my ondergang. Wat Disney Wereld nog meer uitsonderlik maak, is die feit dat vir die World Showcase gebruik hulle net persone van die spesifieke land om die stalletjie te opereer.

 

Daar was die mees spontane, amper Arabiese meisie wat ons gehelp het en vir my die beste koffie, ooit, ooit, ooit gemaak het. Ons was naamgenote en dit was net soveel meer magical om te weet dat daar mense in Morokko is wat my naam deel…. Gegewe die feit dat ek die land so amuserend vind. Morokko is nogsteeds tweede op my lysie van lande wat ek graag wil besoek.

 

Nou soos Skat-se-At weet, is dit die hoogtepunt om my dag om tussen deur my verskrikklike lekker opwindende dagwerk, te Google en te beplan wat vir aandete is. Verlede week het ek geweet dat ek sal iets moet maak met die hoenderfillette wat ek gekoop het… maar was liggies uit opsies uit wat om te kook. Ek het na al my gunsteling blog sites gesoek vir iets interressant en anders, en soos gewoonlik was ek nie neutral oor die keuse van gereg nie, want die Morokkaanse Hoender Gereg het my oog gevang. Ek het dit bietjie makliker gemaak en dit was aandete.

 

Morokkaanse Hoender Gereg

 

4 x Hoender Fillette

Sout en peper na smaak

1 x tFyngemaalde Kaneel

1 x t Knoffel

½ Koppie Hoender Aftreksel

1 x Ina Paarman’s Ready to Serve Tomato & Chilli Sauce

1 x T heuning

¼ koppie amandels

 

1. Sit die oond aan op 200°C & plaas die Hoender Fillette in ‘n gesmeerde bak

2. Gooi sout, peper, kaneel en knoffel eweredig oor die hoender fillete, en masseer liggies in

3. Meng die Ina Paarman Sous en Hoender aftreksel en gooi oor die hoender fillette

4. Gevolg deur die heuning en laaste die amandels

5. Bak oop vir 30minute in die oond

 

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s