Soet gebakte Camembert Kaas

Gallery

My oudste broer het ‘n liefdesverhouding met Camembert al vir jare. Dit is nou al tradisie as hy enigsins kom kuier dat ek ‘n wieletjie van die kaas in die huis het. Vir sy laaste besoek het hy vergeet om sy Camembert te eet, so die kaas het vir ‘n week of twee by my gespook. Want ek is no so mal oor die smaak so op sy eie nie. Gelukkig het Come Dine With Me ‘n oplossing gehad vir my spook. Die resep is op Come Dine With Me in olie gebraai, ek probeer altyd die meer gesonde roete. Die persoon het ook met Verjuice bedien, weereens het ek dit nie in die huis gehad nie, so ek het ‘n alternatief probeer.

 

Camembert Kaas is ‘n kaas wat oorspronklik gemaak word van ongepasteuriseerde melk. Dit het ‘n Franse afkoms en is baie ge-eet deur die Franse soldate in die Eerste Wêreld oorlog.

 

Daar word bespiegel dat Camembertkanaanleiding gee tot ‘n kunstige inspirasie. Daar was al talle liedjies geskryf oor die ryk aromas van die spesifieke kaas. (Dalk het my broer gronde vir sy liefdesverhouding met die kaas?)

 

In die vroeë 1900’s het Joel Hubaut ‘n sport ontwikkel met die gegooi van Camembert. Hierdie kompetisies word vandag nog gehou en die record is oor die veertig meters. (En my ma het my altyd geleer ‘n mens speel nie met kos nie?)

 

Die smaak van Camembert is so gewild in die omgewing van Norman (waar dit oorspronklik vandaan kom) dat jy in hierdie omgewing die volgendekankoop sjokelade-bedekte camembert, camembert asyn en camembert roomys wat bedien word op warm roosterbrood. (Dit is dalk ‘n inspirasie vir ‘n nuwe resep?)

 

Camembert is ‘n goeie bron van kalsium en fosfaat, maar selfs ‘n klein stukkie camembert het ‘n baie hoë inhoud van vet, sodium, cholesterol en versadigde vette… (so ek sal hierdie resep niekanlys onder my relatiewe gesonde kategorie nie)

 

Camembert en Brie word blykbaar met dieselfde resep gemaak, die enigste verskil is die groottes en die terroirs, ‘n Franse woord wat beteken iets oorspronklik van ‘n sekere area.

 

Soet Gebakte Camembert Kaas

 

1 x Ronde Wieletjie Camembert Kaas

Halwe koppie broodkrummels

Een eier

 

Kersie konfyt (met heel kersies) of enige ander growwe (verkieslik) tuisgemaakte konfyt

 

1. Verhit oond tot 200°C

2. Sny die wiel camembert kaas in kwarte

3. Dubbel-krummel die kaas, eers in eier en dan in broodkrummels, dan weer in eier en dan in broodkrummels

4. Plaas op ‘n gesmeerde bakplaat en bak vir 10 minute (dit moet verwyder word van die oond voordat die kaas begin uitsmelt)

5. Bedien ‘n halwe teelepel konfyt, bo-op

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s