Spinasie Koevertjies

Gallery

Vir my werk is ek ‘n event manager en is ek baie bevoorregd om vele verskillende mense te ontmoet en sommer baie ge-inspireerd te word deur mense. Ek het oor die naweek ‘n blink-idee gehad om my blog bietjie op te jazz met verskillende kort stories wat ek al gehoor het by die events, dalk verryk dit nog meer mense se lewens.

 

Die wêreld se rykdom word besit deur 3% van die wêreld se populasie. ‘n Studie is gedoen om te bepaal hoeveel mense het neergeskryfde doelwitte. Die studie het bepaal dat net 3% van die wêreld se populasie het neergeskryfde doelwitte. Dit is nogal toevallig dat die persentasie dieselfde is. Nou nie almal van ons glo die oulike statistieke nie, maar as ‘n ware feit, het een van die sprekers wat ek gereeld mee werk sy doelwit neergeskryf dat hy graag vir Richard Branson sal wil ontmoet, omtrent ‘n maand nadat hy die doelwit neergeskryf het is hy uitgenooi om ‘n verhoof te deel met Richard Branson. Nou dit was vir my ‘n inspirasie.

 

Spinasie is vir my een van die lekkerste groentes om mee te werk! Daar is soveel wat ‘n mens daarmeekandoen, quiches, muffins, geroomde spinasie, spinasie slaai of spinasie wraps, die lys gaan net aan en aan…

 

Spinasie koevertjies

 

Filo deeg

Gesmelte botter

Spinasie

Ricotta of Feta Kaas

Sout en Peper

 

1. Kook die spinasie gaar (nie meer as 3minute nie)

2. Meng die gaar spinasie met die ricotta of feta kaas (die verhouding is omtrent ½ kaas van die gaar spinasie) Jykanlekker baie peper byvoeg, maar wees versigtig want die kaas is alreeds relatief sout-agtig…

3. Sny reghoekige blokkies met die filo deeg (omtrent 15cm x 5cm) smeer elke velletjie deeg met gesmelte botter or margarien. Plaas twee velletjies bo-op mekaar, en dan nog twee dwars oor (soos om ‘n kruis te vorm) Sien die prentjie hieronder

4. Plaas die spinasie vulsel in die middle en vou die koevertjies toe

5. Smeer ‘n laaste lagie gesmelte botter of margarien

6. Pak op ‘n gesmeerde bakplaat en bak in die oond vir 15minute op 180°C

Form vir die filodeeg

 

2 responses »

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s