Hoender borsies met feta en basil, toegevou met spek

Gallery

Ek het gister een van die interressantste dae gehad. My vriendin het my vertel van ‘n fenominale boekwinkel in Monte Casino,Johannesburg. Die winkel se naam is Skoobs en dit is sowaar enige boek liefhebber se droom. Die meubels in die winkel is so uniek. Op die grond vloer is daar ‘n baie tradisionele koffie kroeg, maar op die eerste vloer het die boekwinkel ‘n sjampanje kroeg, nou dit is mos die beste van twee wêrelde… boeke en sjampanje (ongelukkig was ek daar net voor ‘n vergadering, so ek mos wye sirkels loop om die verleidelike sjampanje kroeg)

 

Die boekwinkel het twee stoepies, gevul met boekrakke. Op die stoepie vir Tuin Maak en Kook boeke is daar die mooiste yster-giet tuinmeubels en op die stoep vir die brein, liggaam en siel boeke (mind, body and soul) is daar van die hangmat stoele wat vir ‘n mens so ‘n rustige atmosfeer skep, asook ‘n klein Zen-Tuin. Wat my ook opgeval het was die afdeling vir Self-Help Verslawings boeke was so bietjie weggesteek agter ‘n pillaar, so jykansonder ‘n duisend oë op jou deur die boeke werk.

 

Die hoogtepunt van die boekwinkel was natuurlik die kook boeke, en hulle het selfs ‘n afdeling vir Suid Afrikaanse kookboeke. Ek het dit so baie geniet om deur ‘n plaaslike “blogger” se boek te blaai en dit het my baie ge-inspireer om vir Chilliliefde net soveel meer liefde te gee.

In die ander boek wat ek deur geblaai het, het die boek in die voorwoord vertel van ‘n Signature dis wat elke aspirante kok en kok het. Ek dink persoonlik my hoender borsies met die spek is een van my Signature disse. Ek het die dis ge-eet al omtrent sewe jaar terug by ‘n bekende restaurant inPretoria. Ek was smoor verlief op die smaak kombinasie van hoender met vark… dit werk so mooi saam! Ek het by die huis ‘n paar keer ge-eksperimenteer met die dis om dit volgens my standaarde perfek te kry. Die bonus van hierdie dis is, dat die vulsel byna onbeperk is, soos jykanspeel met die vulsel totdat dit jou perfekte kombinasie is! Dit is tans ‘n baie gewilde dis en ek het nou al op Come Dine With Me gesien en selfs sekere slaghuise verkoop dit klaar opgemaak ook.

 

Ek het die raad gesien op Jamie Oliver om eers enige vars kruie vir 10 sekondes in kook water te hou om te verseker dat jy die smaak verbeter, jy sal aangenaam verras wees oor die hemelse reuke wat die kruie afgee as jy dit eers in die kookwater hou.

Hoender Borsies met die spek, voor dit in die oond geplaas word

Hoender borsies met feta en basil, toegevou met spek

 

4 x Hoender Borsies (sonder been en vel)

Een wieletjie feta kaas

Halwe koppie vars basil

1 x T knoffel

Hoender speserye (of Ina Paarman of Robertsons werk die beste)

Twee peppadews, opgesny in kwarte

1 x pakkie skouer spek

 

1. Voorverhit die oond na 180°C

2. Meng die gekrummelde feta kaas met die twee opgesnyde peppadews en die knoffel

3. Plaas die vars basil in ‘n koppie kook water vir 10 sekondes, verwyder en sny die blare rof weg op en meng saammet die feta kaas mengsel

4. Sny die hoender borsies oop in die middel en geur met die hoender speserye

5. Plaas die feta kaas mengsel binne-in die hoender borsies (moenie suinig wees met die mengsel nie!)

6. Maak die hoender borsies toe en draai toe met die skouer spek, omtrent 1.5 repies is genoeg per hoender borsie

7. Bak oop in die oond, vir omtrent 20 minute, dan gril (grill) dit vir ‘n verdere 2 minute of totdat die spek lekker bruin is

 

Jy kan ook die volgende in jou feta kaas mengsel plaas:

 

Opgesnyde sampioene

‘n halwe koppie spinasie

Vars rissies

1 x eetlepel Blatjang

 

 

 

 

Ons kruie uit ons tuin!

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s