Maklike Frikkedelle

Gallery

Frikedelle

Tydsbestuur werk soos ‘n bom! Dis die eerste keer ooit in my blog-leeftyd dat ek met goeie tydsbestuur twee blogskandoen op een dag.

Ek is in ‘n saamry geleentheid saammet my kollega van werk. Ons pendel daagliks omtrent 60km vanPretoria(noord-oos) na Midrand. Die lekkerste gedeelte van die reis is wanneer ek vir haar vra wat sy gaan kook die aand en dan my geleentheid om ook vir haar te vertel wat ek beoog om te kook. Ek dink eintlik soms maak ek haar mal, met my kos stories, maar gelukkig is sy so ‘n vriendelike en hartlike mensie dat sy luister altyd te graag na my stories.

So kom dit mos nou op eendag dat ek ‘n behoefte (is die ooit die regte Afrikaanse woord vir ‘n craving?) het vir Frikkedelle. Ek het na ‘n paar van my gunsteling kos blogs gegaan om te soek vir ‘n unieke Frikkedelle resep. Ek deel dit toe met my kollega en hier gee sy vir my haar resep. Ek het dit probeer en dit is werklik ‘n baie basiese resep, maar voortwaar ‘n wenner!

Frikkedelle met Simply-Delicious se Aartapel Rosti

Ek weet daar is baie mense wat frons of selfs nors sal brom, dat enige ware kosmaker kook nie met sop poeier nie en ek verstaan hulle punt. Maar die resep werk wonderlik net so en ek sal dit graag aan bevel om te probeer vir die lui dae wat jy sommer in ‘n jap trap wil kosmaak met bestandele wat jy in jou huis het! Ek het die resep ook baie handig gevind om te maak as jy ‘n bietjie meer fancier by-gereg wil maak, ek het dit gemaak saammet Simply-Delicious se Aartapel Rosti en dit was voorwaar smaaklik!

Maklike Frikkedelle

0.5kg   Bees maalvleis

½         Pakkie Bruin Uie Sop poeier

500ml Bulgaarse Gewone Joghurt

1          Eier

1. Sit die oond aan op 180°C

2. Meng al die bestandele en maak in balletjies (omtrent so groot soos ‘n golf bal)

3. Plaas in ‘n gesmeerde bak

4. Bak vir 30 minute in die oond met ‘n deksel, gevolg met 10minute sonder ‘n deksel

5. Bedien die frikkedelle warm of teen kamer tempratuur

4 responses »

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s