Groen Groente Pastaslaai (‘n Gesonder weergawe!)

Gallery

‘n Pasta slaai was altyd een van ons boere/Afrikaner treffers. Ekkannog die gereelde pasta slaaie onthou met al die verskrikklike baie mayonnaise, blokkies Cheddar kaas en klein suur uitjies. Die slaai het soveel Mayonaise opgehad dat alles was so wit in die slaaibak so dit was ‘n absolute raaisel wat jy nou gaan hap.

 

Ons voorvaders (of moet ek nou sê voormoeders) het darem maar lekker, maar erge ongesonde eet gewoontes gehad. Vir meeste maaltye was daar twee na drie stysels (in vandag se moderne gesinne eet meeste van ons net ‘n stysel oor die naweek) en asof die stysels nie genoeg skade was dit gewoonlik toegegooi met nog ‘n bietjie vet maak goedjies. Dit het my lekker laat giggel in die reeks How I Met Your Mother waar Lily baie deurmekaar is oor die jelly bean, mayonnaise en kaas slaai wat sy moet maak vir haar kêrel se familie…

 

Hierdie slaai is ‘n lekker bygereg vir by ‘n braai, veral vir die feit dat dit gesonder is as die tradisionele Afrikaner Pasta slaai, maar meer aanloklik is vir die manne by die braai as ‘n groen slaai en lekker om te hou as daar oorblyfsels (left overs) is!

 

Groente Groente Pasta Slaai

 

Skroefies pasta (‘n halwe koppie droeë pasta is genoeg vir 2 mense)

1 x T Groente Aftreksel

Groen Groente, soos bv. Baba-skorsies, vars aspersies, vars ertjies, vars spinase etc. (een koppie groente per halwe koppie pasta is die aanbevole verhouding)

1 E olie vir die pasta

Sout en Peper (of Ina Paarman se Suurlemoen Peper werk mooi!)

½ Bottel Wit gebottelde slaaisous (i.e. Ina Paarman se Ceaser Slaai sous of Nola se Joghurt en kruie slaai sous)

 

1. Kook die groente vir nie meer as 4 minute saammet die groente aftreksel

2. Dreineer in ‘n vergitis en laat verder gaar stoom

3. Kook die pasta met ‘n eetlepel olie in water soos aanbeveel op die pakkie

4. In ‘n groot slaai bak plaas die groente en sprinkle met die Ina Paarman se suurlemoen peper of gewone sout en peper

5. Was die gekookte pasta onder koue water en plaas bo-op die groente

6. Laat die slaai afkoel

7. Gooi die slaaisous oor die slaai omtrent ‘n halfuur voor etenstyd

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s