Lychee en Mostert Hoenderpastei

Gallery

Lychee en Mostert Saadjies in die Pastei (met 'n plaaslike veldblommetjie)

Samual is gebore in 1838, die fiets was toe nog nie eers ontwerp nie. Samual se lewensdroom was om te vlieg. Samual besluit om die roete van kennis te stap, hy word later ‘n Professor en een van die mees gerespekteerde wetenskaplikes van sy tyd. Professor Samual ontvang $50,000.00 om sy droom te bou van ‘n vliegtuig. Die dag van sy eerste vlug is die hele wêreld in afwagting om die geleentheid te aanskou. Die media is daar en dit is werklik ‘n pivotale oomblik in geskiedenis. Die vliegtuig stuig skaars op en stort neer… die toeskare is baie kritiseerend en negatief… koerant opskrifte lees: “ “n Masjien wat vlieg sal nog 10 miljoen jaar vat om ontwikkel te word, daar is beter dinge om op te fokus”

 

Professor Samual gee op.

 

Lief vir Skat-se-At Pastei!

Twee hoërskool “dropouts” het dieselfde droom.  Hulle kan nie enige finansiering kry vir hulle droom nie. Hulle verongeluk ook, nie net een keer nie, maar keer op keer. Hulle leer deur hulle mislukkings, totdat eendag wat die $1,000.00 vlieg masjien opstuig en nie val nie.

 

Wil jy vlieg? Maak reg om te val, keer op keer!

 

Gebaseer op die videos van Suid Afrikaanse Justin Cohen.

 

Gegewe hierdie inspireerende storie, het ek weereens probeer om ‘n lekkerder hoenderpastei te maak as die vorige Amper Déjà vu Hoenderpastei.  Hierdie hoenderpastei is amper ‘n Hilda van 7de Laan se kreatiewe kombinasie.

Hopelik binnekort maak ek my eie deeg!

 

Hierdie resep is ook gemaak met gekoopte deeg. Dit is op my lysie om binnekort my eie deeg te maak.

 

 

Lychee en Mostert Hoenderpastei

 

1 x pak gekoopte Blaar deeg (Puff Pastry) – vir die kors

 

Maak die hoender so gaar:

 

Plaas dit in ‘n bak sakkie met Sout & Suurlemoenpeper en vars roosmaryn takkies. Bak die hele hoender vir ‘n 1.5uur (vir sowat ‘n 2kg hoender) in die baksakkie teen 160°C

 

Laat die hoender afkoel, en ontbeen die hoender.

 

As jy gedruk is vir tydkanjy ook hoender borsies gebruik, bak vir 20minute in die bak sakkie (Maar die heel hoender is baie meer ekonomies)

 

Vul “muffin” pannetjies met die puff pastry (nadat die pannetjies gesmeer is) Omtrent ‘n uitgerolde blokkie van 6cm x 6cm is groot genoeg per muffin plekkie

 

Vir die vulsel:

 

Meng die volgende saammet die ontbeende hoender (die formule is genoeg vir elke koppie hoender in jou bak)

1 x Eetlepel Mayonaise

1 x Eetlepel Blatjang

1 x Teelepel “whole grain” mosterd

2 x Geskilde en ontpitte litchees, opgesny in ses wiggies pet litchee (indien dit nie litchee seisoen is nie,kanjy ook Blikkies litchees gebruik)

 

Plaas die hoender vulsel in die muffin bakkies.

Maak ‘n deklagie vir oor die hoender vulsel met die puff pastry.

 

Bak vir 20min op 180°C.

 

Bedien die Hoenderpasteitjies warm.

2 responses »

  1. Hello Rondomtaliedraai🙂 – ek neem nie sulke goeie foto’s soos wat ek lekker kan speel op picnik.com jy moet daar gaan speel!

    Dit is nog op my bucket list om ‘n kos stylering kurses te doen!

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s