Worsies in ‘n Kombersie

Gallery

Worsies in 'n Kombersie, met heelkorrel mosterd

In bemarking is ons geleer dat die bemarking die beste werk op kinders en vrouens. En word die arme kindertjies nie gebombardeer met die bemarking nie? In die supermarkte is daar gewoonlik roomys of lekkers naby die kasregisters, kinders wag in die ry saam met die ouers en hulle word verlei deur al die lekkernye, terwyl hulle verveeld staan in wag in die ry.

Die kinder bemarking is gelukkig nie altyd negatief nie. Ons was die naweek by ‘n fantastiese lootsing van ‘n nuwe vorm motor. Skat-se-At se klein dogtertjie het saammet ons gegaan na die funksie. Omdat dit my beroep, ‘n aangeleentheid bestuurder, is ek altyd opgewonde om te sien watter tipe funksies daar gereël word. Ek kan werklik net met lof praat oor die funksie. Die vermaak was fantasties, die organiseerders het nie al die vermaak aangekondig in die begin van die funksie, so die gaste was konstant opgewonde oor die volgende verassing wat op die kaarte is. Die verhouding tussen aktiewe vermaak, i.e. kunstenaars en glanspersoonlikhede teenoor die aftye waar die gaste net met mekaar kan netwerk was perfek. Die verversings wat bedien was, was smaakvol maar beperk (niks is erger as oorvol, krakende tafels met oorvloeiende drank nie!)

Tiemie op die deeg

Die beste deel van die funksie was die kinder hoekie. Die kleinspan se gesigte en arms was geverf, daar was ‘n towenaar wat kulkunsies gedoen het en ‘n kunstenaar op stillette wat balonne verdraai het in skoenlappers en swaarde. Die kinders het ‘n springmielie oond gehad, wat oorgeborrel het met vars springmielies en ‘n Tannie het spook asem gemaak. Toe ons wou besigheid praat met die verkoopsdame het sy vriendelik gesê dat Dogtertjie sal veilig wees in die kinderhoekie terwyl ons in haar kantoor gaan gesels. Toe ons weer vir Dogtertjie sien, het sy ‘n oranje plakker gehad op haar rokkie, sy het vir ons vertel dat die Tannie vir haar verduidelik het dat die rede daarvoor is dat hulle mooi na haar moet kyk, want ons is nie meer in die vertrek nie – nou dit is deurgedink, of hoe? Die uiteinde van die saak was, dat toe ons reg was om te ry, het die Dogtertjie ons gesmeek om nog langer te bly!

Hierdie gereg werk fantasties vir kinders, omdat ‘n mens oulike patrone kan maak vir die kinders op hulle worsies. Dit is ook baie gesonder as ‘n vulstasie pasteitjie. Ek het die oorskiet deeg gebruik om met ‘n koekie vormpie (cookie cutter) patrone vir die kinders uit te sny. (Wat hulle heeltemal te vinnig ge-eet vir my stadige kamera🙂 )

 

Worsies in ‘n kombersie

1 x pakkie vars varkworsies

1 x rol blaardeeg

1 x hand vol vars tiemie

1 x eier

1 t seseme saadjies (opsioneel)

Heel korrel mosterd

1. Skakel die oond aan op 180°C

2. Rol die blaardeeg uit en sny in groot genoeg blokkies om heeltemal om die varkworsies te bedek

3. Plaas die kruie vir 5 sekondes in kook water (om die geur uit te bring)

4. Sny die kruie klein op en sprinkel oor die blaar deeg

5. Plaas die varkworsies bo-op die deeg en rol dit toe

6. Plaas dit op ‘n gesmeerde bakplaat en verf die deeg met die geklitste eier

7. Sprinkel ‘n paar seseme saadjies daaroor

8. Bak vir 20 minute en bedien met die mosterd
Probeer: Gebruik kleiner varkworsies of sny die varkworsies in kleiner wieletjies en bedien dit as ‘n gesonder voorgereg/happie wanneer jy onthaal

3 responses »

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s