Aartappel skilletjies met Chillie Blatjang en Ricotta Kaas

Gallery

Hierdie was weer een van my en my kollega, Christa se saam ry uitvindsels. Ek is ‘n absolute foodie en die hoogtepunt vir my is as ons gesels wat ons gaan voorsit vir aandete. Vrydae aande is gewoonlik wors aande vir ons. Ek is absoluut gek oor Sinoville slaghuis se boerewors. Dit is beste wors in Pretoria naas Groenkloof slaghuis. Gelukkig het Sinoville ‘n tak naby ons, oos in Zambezi rylaan en die werkers by die slaghuis is so vriendelik en Afrikaans, verseker ‘n top punt vir ons.

Verlede Vrydag middag het ek vir Christa opgekomdeer met die taak om deur een van die kos tydskrifte te blaai, terwyl ek bestuur en gevra sy moet vir my lees van die resepte (ja, dit is voorwaar ‘n voortreflike manier om die verkeer vinnig te laat verby gaan) en sy het op ‘n resep afgekom vir die Aartappel skilletjies met ‘n vulsel. Dis ‘n ou resep, wat ek ‘n bietjie aangepas het om te pas met wat ek in huis gehad het. 

Ons het onlangs by die nuwe Harry’s Pancake in Cullinan gaan eet, dit was voorwaar ‘n treffer. Ek het ‘n bottel van hulle Chillie Blatjang gekoop en probeer dit tans orals in al my resepte in te werk.

Ek is altyd opsoek na nuwe vars idees vir Braai Bygeregte, jykanhierdie aartappels voorberei voor jou gaste arriveer en net vinnig op die braai gooi voor ete. ‘n Halwe aartappel per persoon is meer as genoeg vir ‘n porsie.

 

Aartappel skilletjies met Chillie Blatjang en Ricotta Kaas

 

2 x Aartappels

1/2 Fyn opgekerfde ui

Halwe koppie ricotta kaas

2 E Blatjang (of Chilli Blatjang vir ‘n ekstra byt)

4 Peppadews

½ t fyn knoffel

‘n handvol vars tiemie

¼ wieletjie Feta kaas

 

1. Kook die aartappels in die mikrogolf vir 4min, onthou om ‘n 2 e water by tevoeg. (Ek het sommer my aartappels gestoom in die mikrogolf)

2. Halveer die aartappels en verwyder die vleis gedeelte van die aartappel en hou die skilletjies

3. Meng die vleis gedeelte van die aartappel met al die ander bestandele

4. Jykandie aartappels bros maak of op die vuur in foelie of vir 5min op 220°C

5. Sprinkel ‘n paar stukkies gekrummelde feta kaas bo-op