Beesrepies met Bloukaas en Spinasie

Gallery

Skat-se-At was al inThailanden hy glo dit is ‘n foodie se hemel. Volgens hom is al die geregte, klein maar smaak vol. Ons was ook onlangs by ‘n nuwe Lodge se lootsing en die middag ete wat bedien was, was in al hierdie klein bakkies. Ons het die geregte baie geniet, omdat dit soveel verskillende smaak sensasies was. Ek het hierdie resep al maande terug probeer as a ‘n wrap se vulsel, en die romerige skerp smaak van die bloukaas het perfek gewerk met die beesvleis.

Ek het sedertien besluit om met die klein bakkies te begin onthaal. Ons het vir voorgereg ‘n (gekoopte) Focacia gehad, met verskillende room kaas smere. Ek het later die hoofgereg bedien en die gaste was mal oor die smaak sensasies.

Meer oor die vis sous, ek het dit onlangs ontdek en geniet dit werklik baie om daarmee te kook. Volgens die professionele sjefs is dit die een bestandeel wat hulle ‘n laf en flou resep op tower in ‘n meester dis. Daar is ‘n sjef wat vis sous (of Nam Pla) beskryf as “’n vloeibare ansjovis” die souterige smaakvolle geur verryk die disse.

Bloukaas en Spinasie Repies Bees

2 e olie

½ Uie, grof opgesny

1 e suiker

1 e asyn

500g Roerbraai Bees Repies – vir ‘n halfuur laat week in Worcestor sous

1 t Knoffel

1 eVissous

Opgesnyde vars Chillies

Sout en Swart Peper

100 g Blou kaas

200 g Spinasie

50 g Cashew Neute (opsioneel)

Sesame Saadjies en vars koljander vir Garnering

1. In ‘n wok verhit die olie en voeg die uie by

2. Braai die uie tot deurskynend, daarna voeg die suiker en asyn by om die uie karamaliseer (wees versigtig die asyn spat as jy dit byvoeg)

3. Braai die bees repies saammet die uie – maar vir ‘n maksimum van 3 min

4. Voeg al die ander bestandele by (behalwe die sesame saadjies en die vars koljander) en braai vir niks langer as 2 min

5. Bedien in klein bakkies vir ‘n voorgereg of bo-op rys as ‘n hoofgereg

Probeer: Hierdie vulsel werk ook fantasties vir binne ‘n wrap of saam met rysnoedels

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s