Bier-gebraaide Vis

Gallery

Vis met knoffel, sout en argurkie

Ek voel werklik dankbaar na ‘n fantastiese naweek. Ken jy die gevoel van aanraking kom met mense wat dit vir jou voel hulle het dit so moeilik in hulle lewe? En ek praat nie eers van as jy gaan welsynswerk doen nie, normale mense, jou vriende wat jy net voel, sjoe hoekanhulle alles hanteer?

Ek was die naweek by ‘n Ooievaarstee en toe ek huis toe ry, het ek met ‘n lied in my hart huis toe gery, want ek het net ‘n bietjie gaan sit en nagedink oor al die wonderlike voorregte wat ons het in ons lewe. Ek was omtrent drie jaar terug by ‘n praatjie wat aangebied is deur ‘n lewens afrigter (life coach). Sy het ‘n klein oefening gedoen met mense van die gehoor. Sy het vier mense gebruik wat vir dieselfde maatskappy werk. Die een persoon was die bestuurder oor die ander drie dames, die dames moes aan negatiewe gedagtes dink, terwyl die bestuurder neutraal was. Sy het almal gevra om hulle arms voor hulle uit te steek, tydens die negatiewe gedagtes kon sy al vier se arms maklik afdruk. Die oefening is gevolg deur die dames wat aan dankbare gedagtes moes dink teenoor die bestuurder. Sy kon nie een van die persone se arms afdruk nie, juis omdat volgens haar dankbaarheid die mees positiewe emosie is wat bestaan. Dit is vir my ongelooflik om net van tyd tot tyd te dink aan al die verskillende elemente waaroor ek dankbaar is.

Bier-gebraaide Vis

Skat-se-At het ‘n boks gevriesde stokvis gekoop. Ek het vir lank gewonder oor hoe gaan ek hierdie vis lekker gaarmaak. Gelukkig vir Google, oulike kos blogs en Jamie Oliver het ek vinnig besluit op hierdie vis in die bier degie. Volgens die navorsing wat ek gedoen het op hierdie manier van vis gaarmaak, het ek die volgende geleer. ‘n Teelepel sout saammet koekmeel laat die meel se smaak beter uit kom. ‘n Ingelegde ietsie saammet diep gebraaide vis neutraliseer die ergste vetterigeheid van die diepgebraaide vissie.

Bier-gebraaideVis

4 x medium stukkies stokvis

1 x eier

Halwe koppie bier

Halwe koppie koekmeel

1t sout

Fynknoffel

Growwe Seesout

Kook olie

2 ekstra groot argurkies, opgesny in kwarte

 

 

1. Skei die eiergeel en eierwit

2. Meng die eiergeel, bier, koekmeel en sout saam

3. Klits die eierwit tot stuif en voeg saggies by die bier mengsel

4. Doop die vis in die bier mengsel en bak in 2,5 cm olie totdat dit bruin is

5. Bedien met growwe seesout bo-op, fyn knoffel en ekstra groot argurkies om die ergste vetterige smaak te neutraliseer in die mond

2 responses »

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s