(Dalk Stoute) Pampoenkoek

Gallery

Dalk Stoute Pampoentert

Dit is weer rugby tyd en dit beteken Saterdae middae in ons huis word gevul met ‘n hele paar rugby wedstryde. Ek is heeltemal te hiperaktief om wedstryd na wedstryd te kyk, so ek gebruik hierdie tyd konstruktief om ‘n bietjie te bak en brou in die kombuis.

 

Skat-se-At het ‘n baie lekker pampoen geskenk gekry van een sy kliënte. Ek het alreeds vir ons regte boere-gekapokte pampoen gemaak met die een helfte van die pampoen en het besluit om iets uniek te probeer met die ander helfte van die pampoen. Ek het deur die Fresh Living (Pick n Pay se kook tydskrif geblaai) – ‘n tydskrif wat ek werklik kan aanbeveel en ek het ‘n resep vir ‘n wortel koek ontdek wat ek ‘n bietjie aangepas het met wat ek in die kombuis gehad het. Ek het ook gehoor op een van Come Dine With Me se episodes dat mans mal is oor pampoen, ek moet nogal sê, dat ek kan daarmee saamstem want Skat-se-At het amper die alles (ek meen die hele beslag gebak) op ge-eet!

Ek het ook verder ‘n bietjie gaan navorsing doen, oor hierdie stelling dat mans so mal is oor pampoen, daar is hier en daar die uitsondering op die reël artikel oor die aphrodisiac eienskappe van ‘n gebakte pampoen pastei (koek), maar geen wetenskaplike bewyse daarvan nie. Dalk is dit ‘n bonus, maar die minste wat jy het om te verloor is ‘n lekker, goed-gegeurde gebakte produk, met dalk, net dalk ‘n bietjie meer opwinding!

 

(Dalk Stoute) Pampoenkoek

 

1 k bruin suiker

200 ml sonneblom olie

4 groot eiers

1 t Vanilla Essence

1.5 k koekmeel

2 t bakpoeier

1 t koeksoda

2 t kaneel

2 k gerasperde pampoen

½ k grof gekapte pekan neute

 

1. Voorverhit die oond na 180°C

2. Smeer jou pannetjie (ek het ramekins gebruik 4 is genoeg of een groot pan)

3. Meng die suiker en die olie, voeg die eiers een vir een by, gevolg deur laaste die Vanilla

4. Sif die droeë bestandele by die suiker mengel

5. Voeg die pampoen en neute by en meng versigtig

6. Bak vir 20 minute indien jy ramekins gebruik of 50 minute vir een groot pan

7. Laat dit afkoel en bedien

 

Peter, peter... pampoen-koek eter...

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s