Aartappel Rosti

Gallery

Ek het gister ‘n praatjie bygewoon vir Tyds Bestuur. Dit was baie interressant en ook die rede hoekom eers nou (so laat in die dag) vandag se blog doen. Hier is ‘n paar tips wat ek gehoor het:

 

1. Doen eerste jou drie grootste projekte/take vir die dag, nog voordat jy jou eposste nagaan (want elke epos het gewoonlik een of ander aksie wat jy moet uitvoer)

2. Maak ‘n weeklikse afspraak met jou toekoms, vat ‘n uur of twee uit jou week en beplan wat jy in die volgende dag, week, maand, kwartaal wil bereik en werk daarvoor. Anders gaan jy net opeindig om krisis bestuur te doen of iemand anders se drome te verwerklik.

3. Gebruik die uur of twee wat jy spandeer in jou kar om na opvoedkundige CD’s te luister. Ek beoog al lank om vir my die Joyce Meyer CD’s te kry en nou is ek finaal oortuig om dit te kry.

4. Moenie meer die snooze-alarm druk nie, gebruik die ekstra 8minute slaaptyd om eerder een klein aktiwiteit te doen.

Aartappel Rosti met Peppadews

 

Ek dink hierdie aartappel koekies is fantasties! Dit is maklik om te maak, smaak heeltemal anders as enige ander aartappel gereg wat ek al probeer het en die vulselkanjy letterlik aanpas soos dit jou smaak pas. Dit is ideal vir  ‘n stysel saammet ‘n hoofgereg of jykandit bedien as ‘n peuselhappie. Hierdie resep is oorspronklik een van Simply-Delicious se resepte (een van my rolmodelle op die kos blog arena)

 

Skat-se-At is besig om stadig maar seker ook in ‘n foodie te verander, hy het na ‘n praatjie op RSG geluister so ‘n rukkie terug oor hierdie aartappel rosti en hy het vir my gebel om ook te luister na die praatjie, so ek het dit spesiaal vir hom gemaak! Aartappel Rosti is oorspronklik ‘n Switserse dis, wat gewoonlik deur die plaaswerkers ge-eet was vir ontbyt. Ek lees dat daar ook soms ander bestandele bygevoegkanword by die Aartappel Rosti soos kaas, kruie, spek en selfs appel (ek dink ditkannogal besonders wees!)

 

Die suur room het baie lekker gewerk!

Aartappel Rosti

 

2 groot aartappels, gerasper (hou die skil aan)

½ ui

2 e koemeel

Sonneblom olie

½ koppie suurroom

Peppadews

 

1. Meng die aartappels, ui en koekmeel saam

2. Druk dit lekker goed saam in klein koekies en braai in ‘n dun lagie olie, totdat dit goudbruin is

3. Laat die ergste olie uitloop op ‘n kombuis papier

4. Bedien met ‘n blertsie suurroom en ‘n peppadaw opgekerf

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s