(gesonde) Romerige Swart Sampioene

Gallery

Romerige swart sampioene

Ek wil weereens my innige dankbaarheid deel, met ‘n persoon in ‘n senior posisie in ‘n groot JSE ge-lyste maatskappy, wat ‘n uur van haar tyd afgestaan in my professionele groei (growth). Sarah het onlangs een van my funksies bygewoon wat ek gereel het. Sy is ook in dieselfde industrie as ek, en haar terugvoer tydens die funksie was, dat dit is ‘n goeie funksie, maar sy het ‘n idee of twee vir my om hierdie funksies te laat groei. Sy het voorgestel ek moet ‘n afspraak met haar maak. Sy het ‘n uur van haar tyd geinvesteer in my, my gelei en raad gegee oor hoe om die funksies nog meer te laat groei. Ek het in ‘n Paulo Coelho boek gelees van die FavourBank. Sy het tyd en wysheid gedeponeer in my FavourBank rekening en ekkannie wag om ook eendag dieselfde vir iemand anders te doen nie.

 

Klaar gebraaide sampioene

Die doodsnikke van die somer is gelukkig nog in die lug… en siende dat dit gelukkig weer naweek is, het ek besluit om tot op hede die lekkerste swart sampioene resep te deel. Hierdie sampioene se resep is aangepas van ‘n resep wat Skat-se-At by ‘n winkel se promosie tannie gekry het. Ek het nogal gefrons die eerste keer date k gehoor het maaskaas met cheddar op  ‘n sampioen, ek het gedink dat ‘n mens dan net sowel kaaskaneet met ‘n bietjie sampioen, maar ek was verkeerd.

 

Hierdie resep behou nogsteeds die wilde frank smaak van die sampioene, maar die romerigheid laat die sampioen proe soos iets wat ‘n sjef aan mekaar geslaan het. En die beste deel is dat is werklik baie maklik en ‘n netjies resep, niks erger as hope en hope skottelgoed wat vir jou stil lê en loer terwyl jy volgens al Emsie Schoeman se wette probeer perfekte gasvrou speel nie!

(gesonde) Romerige Swart Sampioene

 

Swart Sampioene (die grootstes wat jykankry, Fruit andVegCityhet gewoonlik lekker groot sampioene)

Maaskaas (gladde een, lae vet is ‘n goeie opsie)

Knoffel

Swart peper

Cheddar Kaas

 

1. Smeer knoffel en gooi swart peper oor die swart sampioene

2. Smeer ‘n dik lagie maaskaas oor die sampioene

3. Sprinkel fyn gerasperde cheddar kaas bo-oor die sampioene

4. Plaas op die vuur rooster, oor lae hitte en braai vir omtrent 7min aan die onderkant (witkant) van die sampioen

5. Gooi nog ‘n bietjie swart peper oor die klaar gebraaide sampioene

One response »

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s