Koue weer, warm tuna tert

Gallery

Tuna tert met 'n Salticrax kors

Ek het onlangs die rolprent, Second Hand Lions gesien. Dit is ‘n fliek die moeite werd om te sien, veral een vir die familie.

 

Die volgende toespraak word gelewer deur ‘n ou man vir ‘n tiener seun, dit is werklik treffend en sal dit graag wil deel:

” Sometimes the things that may or may not be true are the things a man needs to believe in the most. That people are basically good. That honour, courage and virtue mean everything ; that power and money … money and power mean nothing. That good always triumphs over evil. And I want you to remember this…. that love….true love never dies ! Remember that boy … remember that. Doesn’t matter if it is true or not, a man should believe in those things , because those are the things worth believing in…… got that ? 

Ek het omtrent 4 of 5 ander tuna tert resepte nagevors om by hierdie spesifieke een uit te kom. So hierdie resep is ‘n kombinasie van verskillende resepte.

Koue weer, warm tuna tert

 

Kors

1 x pakkie Salticracks (200g) – grof gekrummel

2 e gesmelte botter

1 t knoffel

 

Vulsel

1 x blikkie tuna (in water)

½ pakkie klein mieletjies

½ ui, grof opgesny

1 eier

½ k koekmeel

¼ t bakpoeier

1 k enige geel kaas

½ k melk

Sout en peper

 

1. Skakel die oond aan op 180°C. Meng die salticracks en botter en knoffel en druk vas aan die onderkant van ‘n gesmeerde tert pan

2. Pak die tuna, mielies en ui bo-op die kors

3. Meng die eier, koekmeel, melk, bakpoeier, sout en peper na smaak goed saam.

4. Voeg die kaas by die eier mengsel, gooi oor die tuna

5. Bak vir 30min teen 180°C

6. Bedien die tert warm nadat dit vir 5minute gestaan het.

4 responses »

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s