Dubbele kaas en biltong muffins

Gallery

In ‘n neutedop het ek ‘n Feë Verhaal onlangs beleef by die werk. Ek geniet my werk verskriklik baie, soos met die kos maak gaan ek met passivolle oorgawe in my daaglikse werk. Maar (ja daar is ongelukkig tans ‘n maar) het ek ‘n bully van ‘n bestuurder. Ons persoonlikheids verskille het ge-eskuleer vir die afgelope jaar tot by die top bestuur. Hy het een middag op my geskree (ek voel onnodig)  en ek het my Pa gebel in trane om vir hom te sê, ek het nou genoeg gehad en ek gaan bedank. Hy het vir my moed in gepraat… en ek het die saak gerapporteer na ons CEO. ‘n Bietjie van ‘n groot sprong vir ‘n relatiewe junior werknemer, ons he tons eerste afspraak gehad wat net so-so gegaan het, en ek was relatief moedeloos. Maar verlede naweek net voor die wonderlike Paasnaweek was ons tweede afspraak, en hierdie afspraak het werklik baie goed gegaan!

Vandag was ons eerste dag na die afspraak op kantoor almal saam en dit was werklik vandag ‘n aangename atmosfeer. Ek werk al die hele dag verskriklik lekker, is super gemotiveerd en baie besig! Ek bereik sommer baie meer vandag as die afgelope weke saam! Ek is dankbaar vir die goeie raad van my Pa en die fantastiese ondersteuening van my geliefdes.

 

Dubbele kaas en biltong muffins

1.5 K Koekmeel

1 T bakpoeier

0.5 T Sout

1 K melk

1 eier

.25 K Olie

2 K Gerasperde Cheddar Kaas

½ wieletjie feta kaas (grof gekrummel)

1 T Paprika

2 E fyngemaakte biltong (Opsioneel)

1 E sesame saadjies (opsioneel)

 

1. Skakel die oond aan op 180°C & Smeer/spuit muffin pannetjies

2. Klits die eier en melk saam, voeg die olie by.

3. Meng al die ander bestandele saam met die eiermengsel, behalwe die sesame saadjies

4. Die mengsel kan nog klomperig wees.

5. Skep in die muffin pannetjies en sprinkel met sesame saadjies.

6. Bak vir 20 – 25 minute (afhangend van hoe groot jou pannetjies is, maar 20 minute is meer as genoeg vir die grootte in die foto)

7. Indien dit vir so 5 – 7minute afkoel, is dit nog warm maar ook makliker om te verwyder uit die pannetjie!

8. Bedien nog warm en vars, met botter/margarine en miskien ‘n bietjie konfyt!

 

4 responses »

  1. Ek is darem baie bly om te lees dat dit vandag so goed gegaan het by die werk. Mag dit so aan gaan! Die muffins klink vir my heerlik. Ek hou baie van kaas en biltong saam. xx

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s