Vleisbrood/”Meatloaf”

Gallery

Hierdie vleisbrood was ook een van my nie-foodie liefde se versoeke. Hy het een Sondag middag op ‘n Kos-Kanaal afgekom tydens sy kaneel spronge en sy bestelling ingesit vir die Vleisbrood. Hy het selfs vir my link neergeskryf van die koskanaal waar ek die resep kon kry.

 

Ongelukkig was hierdie spesifieke kanaal se resepte en videos nie in Suid Afrika beskikbaar nie, maar ‘n vinnige soek enjin het ‘n hele paar resultate opgelewer. Die Vleisbrood het eintlik oorspronklik in Europa ontstaan en is verwant aan die Hollandse Frikkedel. Dit word regoor die wereld bedien met verskillende name. Die einskappe van ‘n Vleisbrood is die tamatie sousie bo-oor en dan natuurlik dat dit in ‘n vorm van ‘n brood bedien word.

In ander vorme/lande word die vleisbrood bedien in die volgende interressante vorme:

–          Bedek met ham/spek

–          Gevul met ‘n hardgekookte eier or ‘n argurkie

–          In die Fillipyne word dit gediepbraai en bedien as ‘n ontbyt

–          In Romeinië word dit bedien met lams afval

–          In Amerika bevat dit gewoonlik ontbyt graan as die bindings faktor

–          Dit word soms versier met gekapokte aartappels en bruin gebak in die oond (kannogals mooi lyk!)

 

Vleisbrood

 

500g maalvleis

1 ui, grof opgekap

1 groen soet rissie, grof opgekap

1 blikkie tamaties

2 e knoffel

1 eier

½ k Koekmeel

1 t vis sous

2 e suiker

1 pakkie bees aftreksel (Ina Paarman)

1 t koljander

1 t kaneel

 

Vir die sous/geursel bo-op

 

3 e Tamatie Sous

1 e Soy Sous

½ t Mosterd

 

1. Skakel die oond aan op 180°C

2. Meng al die bestandele vir die vleisbroodjie saam en plaas in ‘n broodpannetjie

3. Meng die tamatie sous en soya sous en smeer bo-op die broodjie

4. Bak vir 25 minute oop in die oond

3 responses »

  1. Meatloaf? Yum! Looks good. Thank you very much for the comment you left on my blogpost about mashed potatoes, and I’m pleased to find your blog. Please join the South African Food Bloggers’ Showcase on Facebook – it’s forum open to all South African food bloggers, and you’re free to post your recipes there. Here’s the link: http://www.facebook.com/FoodbloggersSA

    Kind regards

    Jane-Anne Hobbs

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s