Maklike Chillie Sousie

Gallery

Maklike Chillie sous

Ek dreig nou al vir maande om my eie Chillie sousie te maak. Ek het afgekom op hierdie resep, wat ek so ‘n bietjie aangepas het volgens ons eie smake en die resep werk fantasties! Dit was vir my werklik ‘n verbasing van hoe goed koop vars chillies is om aan te koop en dit vat letterlik minder as 10 minute om te maak! Dit is baie maklik en jykandie resep aanpas tot hoe warm jy die sousie wil hê!

 
Indien jy die sousie minder warm wil hê kan jy die volgende probeer:

1. Sny die chillies in ronde stukkies en laat week dit vir so dae in ‘n oplossing van 50/50 suiker en wit asyn voordat jy die sous maak

2. Halveer die hoeveelheid chillies

 

Jy kan die vars chillies koop by enige supermark by die vars groente afdeling, koop ‘n verskeidenheid van kleure om die smaak en voorkoms goed te laat lyk.

Maklike Chillie Sousie

 

200 g Vars Chillies

1 t knoffel

1 t gemmer

1  koppie bruin asyn

1 koppie wit suiker

 

1. Maak die Chillies fyn met ‘n liquidizer

2. Voeg die knoffel en gemmer by die chillies en meng goed

3. Bring die asyn en wit suiker tot kookpunt

4. Voeg die chillies by en laat dit vir 10minute prut of totdat die mengsel begin stroperig raak

5. Gooi in skoon botteltjies, hierdie sousie hou omtrent vir 2 weke in die yskas

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s