Cottage Pie of Herders Pastei

Gallery

 

Herders Pastei

Die term Cottage is afkomstig vanaf 1791, toe die aartappel bekend gestel is as ‘n eetbare bekostigbare gewas vir die arm gemeenskap. Die term Cottage was gebruik na ‘n uitbeelding van die nederige huisvesting van die gemeenskaps werkers. In die vroeë kookboeke is die dis gemaak van oorskiet vleis wat dan in ‘n bak geplaas word ‘n lagie kapok aartappels onder en bo die vleis.

 

Die term Herders Pastei het eers in 1877 te voorskyn gekom, en die verskil tussen herders pastei en cottage pastei is die vleis wat gebruik word, met cottage pastei is dit meestal beesvleis en met herders pastei is dit skaap vleis.

 

 

Cottage Pie of Herders Pastei?

 

Vir die Maalvleis

½ ui fyn opgesny

1 t fyn knoffel

500g maalvleis

1 t kaneel

1 pakkie Ina Paarman vloeibare bees aftreksel

2 e blatjang

1 t koekmeel

1 tWorcestersous

1 blikkie opgesnyde tamaties

Sout en peper na smaak

250 g wortels, julienne gesny

 

Vir die kapok aartappels

 

4 groot aartappels, geskil en gekook

250 ml melk

1 t botter

1 t knoffel sout

1 t gemengde kruie

 

1. Skakel die oond aan na 180°C

2. Pan braai die uie tot deurskynend en voeg die maalvleis en knoffel by, braai totdat die maalvleis bruin is

3. Voeg die wortels by en pan braai vir ‘n verdere 2 minute

4. Voeg al die ander bestandele by en laat dit prut vir omtrent 10 minute

5. Maak die aartappels fyn (mash dit J )

6. verhit die melk, botter, knoffel sout en gemengde kruie tot net voor kookpunt en voeg stelselmatig by die aartappels. Klop die aartappels met ‘n vurk om te verseker die gekapokte aartappels is lig en romering

7. Plaas die maalvleis in ‘n gesmeerde bak, plaas die aartappels in ‘n boonste laag bo-op die maalvleis.

8. Laat dit vir so 10 minute staan en bak dit dan in die verhitte oond vir 15 minute

9. Bedien warm

3 responses »

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s