Botterskorsie, Beet en Rocket Slaai

Gallery

My gunsteling slaai

Hierdie is seker een van my gunsteling slaaie, want dit het al my gunsteling bestandele in. Ekkanelke bestandeel net so “live” ook eet. Hierdie slaai is beskikbaar by Woolworths, so ek het ‘n hele paar gespeel met verskillende konsepte om te verseker dat ek kry hierdie slaai ook (amper) so lekker soos die Woolies slaai.

 

Beet is blykbaar ‘n goeie kuur vir ‘n babbelas, agv die hoë anti-oksidante in die beet. Dit is ook ‘n natuurlike Viagra (dalk moet ek ‘n ouderdoms beperking begin plaas op die blog… sien ook (dalk) Stoute Pampoentert ) Beet was ‘n aphrodisiac wat gebruik is gedurende die Romeinse tye.  Beet bevat betaine, ‘n middle wat gebruik word om depressie te behandel. Beet bevat ook tritofaan, ‘n middle wat in sjokelade voorkom en personekanaanhelp om beter te voel.  Die rooi kleur pigment in beet word gebruik om die kleur van tamatie pasta, souse en aarbei roomys te verbeter. Die Lupanare, die offisiele rooi lig huis inPompeiihet prente van beet geskilder op die mure. Om beet te eetkanook ‘n knoffel asempie verminder. InAustraliadie ware Aussie Burger het ook ‘n skyfie beet op die burger, selfs die McDonalds moes daarby aanpas met hulle spyskaarte! Beet het een van die hoogste suiker inhoud van al die groentes. Tot en met 10% van beet is suiker, maar dit word stadig vrygestel in die liggaam, beter as die vinnige vrystelling van sjokelade.

Botterskorsie, Beet en Rocket Slaai

 

1 k Botterskorsie, opgesny in byt grootte blokkies

1 k Beet, opgesny in byt grootte blokkies

2 e Olyf olie

1 e suiker

Swart Peper

Geroosterde Pampoen sade

Roket blare

Feta kaas (die romerige Daanse Feta Kaas werk die beste)

 

1. Skakel oond aan op 220°C en plaas dit in verskillende bakke (om te voorkom dat die rooi beet sappies meng en die botterskorsie verkleur) met die olyf olie en suiker oor en bak vir 25 min

2. Laat dit afkoel

3. Plaas op ‘n bedding van Rocket blare, sprinkle met gekrummelde feta kaas en die pampoen pitte en bedien as ‘n slaai

 

4 responses »

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s