3 Bestandele Sampioene

Gallery

Ek het die beste tweede handse boekwinkel ontdek in Faerie Glen,Pretoria. Vir die Pretorianers dit is in Cliffendale weg, by die klein buurt inkopies sentrum met die Italiaanse en Chinese Restaurent. Meeste van die boeke is onder R30 en hulle het nogal ‘n wye verskeidendheid van kookboeke, so met ander woorde ‘n goeie kook boek is minder as die nuutse Taste tydskrif, verbeel jou?

 

Ek kon nie my eerste kook boek neersit nie, dit is hierdie ou kookboek met die naam: Basic Cooking, en dalk sou enige ander mens begin het by die beginsels van kook… maar nee nie ek nie, ek het nog altyd baie gehou van kook en my ma het my baie geleer, maar ek moet erken ek het baie van die mees basiese dinge nie geweet nie. Een van die foute wat ek keer op keer gedoen het, was om uit haastigheid sommer die uie te begin braai in olie wat net half pad warm was. So een van die eerste stukkies raad wat ek raak gelees het in die boek is hoe ‘n mens toets vir warm olie. Nou ek weet daar is baie verskillende metodes, maar hierdie een is klaarblyklik die veiligste. Die maklikste en veiligste metode is om die einde van ‘n houtlepel in die olie te plaas, indien daar borreltjies vorm rondom die hout en dit begin dryf is die olie warm genoeg. So ek sal hopelik nog interessante stories, wenke en advise hier met julle deel van my nuutste gunsteling kook boek!

Hierdie sampioene is baie, baie maklike sampioene, siende dat ek nou onlangs meer begin focus op simplistiese kosse en dit benodig net drie bestandele, so dit is verseker ‘n wenner!

 

3 Bestandele Sampioene

 

Vir elke pakkie heel sampioene het jy een sakkie Ina Paarman Bees Aftreksel nodig met een teelepel droeë Ina Paarman wit sous poeier.

 

Braai sampioene in ‘n wok (met ‘n 5mm verhitte olyfolie) vir 3 minute, gooi aftreksel oor en sprinkle die teelepel sous poeier. Bedien warm met tande stokkies as ‘n peusel happie.

4 responses »

  1. Ek het dit gemaak is heerlik heerlik heerlik, kan ek nie nog van jou resepte kry met min bestandele wat maklik is om te maak nie asb

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s