Tamatiebredie pastei

Gallery

Ek was vanoggend verskriklik bevoorregd om ‘n funksie aan te bied by die Indaba Hotel, Fourways,Johannesburg. Die funksie was vir sowat 100 sekretaresses en die Indaba het voorgestel dat ons hou dit by hulle Chiefs Boma. Die Chiefs Boma is het een van die mooiste en grootste grasdakke wat ek nog gesien het. Die hoogtepunt is dat hulle baie interresante wildsvleis bedien, so ek het vanoggend vir Brunch die volgende onder meer gehad en alles was fantasties:

  • Bosbok worsies – dit proe soos ‘n wilder, vark worsie
  • Drakensberg forel – dit was fantasties, en lekker lig
  • Groot vyf peuselhappie sosatie – met klein verskillende stukkies wildsvleis en ‘n vars chillie op die einde
  • Vlakvark spek – dit was by verre die hoogtepunt, dit was soos ‘n gerookte dik stukkie vark rasher, dit was fantasties!

Die Chiefs boma is wel ‘n besoek werd en hulle het tans ‘n spesiale aanbod wat dit R170 vir ‘n groot buffet vir ‘n paartjie, vir of middagete of aandete oor ‘n naweek! Die restaurant voel ook asof jy in die bos is, want daar is die mooiste klein dammetjie net buite die restaurant. Ek het ongelukkig vanoggend my kamera by die huis vergeet, so alles word maar na jou verbeelding oorgelos J

 

En dan siende dat die winter stadig begin aankruip, die nagte word nou al koeler, hier is ‘n baie lekker resep vir die koue winter weer. As jy soos ek eers laat in die aande by die huis aankom, en jy nie tyd het om iets vir ure te laat prut nie, kan jy die bredie oor die naweek maak en net na werk gou die pasteitjies aanmekaar slaan (dit is as jy die verskriklike yum bredie sal kan weerstaan) Weerstand is mos maar ‘n vloek woord!

Tamatiebredie pastei

 

1kg goulash bees vleis of chuck maar die bene moet verwyder wees en dit moet in blokkies gesny word

1 ui, fyn opgesny

2 wortels, geskil en in 1cm kringe opgesny

2 selery stokkies, fyn opgesny

1 lourier blaar

2 tl knoffel

2 blikkies opgesnyde tamaties

2 tl suiker

1l bees aftreksel

Sout en peper

1 pak klaar gemaakte blaar deeg

1 eier

 

1. Braai die vleis in ‘n swaarboom bot totdat dit bruin is, en plaas eenkant

2. Braai die uie, wortels, selery en lourier blare totdat dit sag is, vir +/- 10minute

3. Voeg die knoffel by en braai vir omtrent nog ‘n minuut, voeg dan die blikkie tamaties en suiker by

4. Voeg die vleis terug en die aftreksel en laat dit rustig prut vir omtrent 1.5uur

5. Skakel die oond aan teen 180°C. Jykanof ‘n groot oondvaste bak gebruik of kleiner rammekeins (om vir elkeen hulle eie pastei te gee)

6. Rol die deeg uit, op ‘n skoon, meel bedekte oppervlakte en plaas onder aan die bakkies

7. Gebruik met ‘n lepel met gaatjies (sodat die meeste sous vanuit die brediekanuitloop) en plaas die vulsel in die bakkies

8. Bedek die bredie met ‘n finale lagie deeg en eierwas die deeg

9. Bak vir ongeveer 25 minute, of totdat die korsie lekker bruin is (vir die een groot bakkanjy dalk mik vir so 35 minute!)

10. Laat dit vir 5minute staan voordat jy dit bedien!

 

2 responses »

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s