Macaroni en Kaas

Gallery

Tydens ons vakansie in Amerika, het ons by meeste van die restaurante Macaroni-en-Kaas as ‘n opsie gekry vir ‘n bygereg by die restaurante. Dit was vir my fantasties, want ek is mal oor die gereg en kom by al die plekke die verskillende smake probeer soos hulle hulle Macaroni en Kaas maak. Ek glo dat ons Suid Afrikaners eet heeltemal te min die gereg, want dit is werklik ‘n wenner op sy eie!

Macaroni en kaas was ook een van my eerste geregte wat ek gemaak het as ‘n kind, dit was uit ‘n Klein Kook en Geniet en elke resep het omtrent 7 of 8 verskillende getekende prentjies gehad om vir die jong span te leer kosmaak. In hierdie getekende prentjies was daar altyd tamatie skywe bo-op die Macaroni en Kaas so dit is hoe ek gewoond geraak het aan hoe hierdie dis moet lyk, met die tamatie wat so lekker taai en hard gebak is in die oond!

 

Macaroni en Kaas

1 koppie macaroni of skroef noedels

1 eier, geklits

1 t botter

1 t koekmeel

1k melk

1 t droeë mosterd poeier

2 k kaas

Sout & Peper

1t paprika

1 tamatie

1 t droeë kruie (i.e. Italiaanse kruie of Tiemie vir garnering)

1. Kook die macaroni of skroef noedels volgens die instruksies op die pakkie, dreineer.

2. In ‘n klein pakkie, klits die eier

3. Smelt die botter op die stoof en voeg koekmeel by.

4. Kook vir 5 minute oor ‘n lae hitte, roer gereeld en moenie laat dit brand nie.

5. Voeg melk en mosterd by, meng totdat dit glad en dik is. Skakel hitte na laag.

6. voeg twee lepels van die sous by die eier, meng gereeld om te voorkom dat die eier gaar kook

7. voeg die eier mengsel by die sous, klits gereeld totdat die mengsel glad is.

8. voeg omtrent 90% van die kaas by die sous, en roer totdat die kaas gesmelt is.

9. voeg sout en peper by, proe om te verseker daar is genoeg sout in die mengsel!

10. plaas die pasta in ‘n gesmeerde, oondvaste bak en gooi die sous bo-oor.

11. plaas die tamatie wat in ringe gesny is bo-op die pasta, sprinkle ‘n bietjie kaas bo-oor en bak vir 20 – 25minute op 180°C

12. Laat dit vir 5minute staan voordat jy dit bedien, garneer dit met die droeë kruie.

6 responses »

  1. Dankie. Ek het dit sommer nou geprint, en gaan dit vanaand as bykos maak saam met die stukkie steak wat my man gaan braai. Of kan dit nie werk nie? Wel, ek is klaar besig!!
    Ek is so gewoon om makaroni met wit sous te maak en is al lankal lus vir die een met die eier.
    (ek het honderde resepteboeke, maar dis net so maklik om nou sommer print te druk!!)

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s