Bobotie

Gallery

Bobotie is een van Suid Afrika se eg Afrikaanse disse. Die dis se oorsprong is Hollands/Oos Indies en is gemaak op die basis van Bobotok. Bobotok is ‘n dis wat gemaak is met maalvleis en vars klapper vleis, wat opgerol is in ‘n piesang blaar. Die Kaapse Maleise invloede was verantwoordelik vir ons Bobotie om meer die Kerrie en Borrie geure in te kry.

 

In Argentenië word Bobotie gemaak in ‘n groot uitgeholde pampoen, wat dan in die oond geplaas word om sag te bak. Dit klink na ‘n fantastiese kombinasie! Trevor Immelman het Bobotie voorgestel vir die spyskaart by die 2009 Master Golf Champions Dinner, die wenner van die vorige jaar het die voorreg om die spyskaart op te stel en Bobotie was hierdie golf ster se keuse.

 

Bobotie

 

Olie

1 ui, fyn opgesny

2 t knoffel

2 t gemmer

2 t Kerrie poeier

½ t borrie

½ t koljander

½ t komyn

500 g maalvleis

Sout en peper

1 t suurlemoen sap

2 t blatjang

2 t appelkoos konfyt

1 t Worcestershire sous

1 t Tamatie pasta (of 2 e  All Gold Tamatie sous)

1 sny brood, geprosseseer to fyn krummels, in water geweek

½ k rosyntjies

4 lourier blare

 

Boonste lagie

1k melk

2 eiers

Sout en peper

1. Braai die ui, knoffel en gemmer met ‘n bietjie olie in ‘n swaarboom pot

2. voeg al die spesery by en braai vir 1 minuut

3. Voeg die maalvleis by, braai totdat dit die gruis kleur kry, maar probeer om dit nie bruin te braai nie. Geur met sout en peper.

4. Voeg die suurlemoen sap, blatjang, Worcesterhire sous en tamatie pasta/sous, broodkrummels en rosyntjies by. Roer goed, bedek en laat dit op ‘n lae hitte prut vir 20-25 minute. Die mengsel brand vinnig, so kyk elke 5 minute en skraap die bodem van die pot met ‘n hout lepel om te voorkom dat dit brand. Skakel die oond aan na 180°C

5. Verwyder van die hitte, verplaas die mengsel na ‘n oondvaste bak en maak die oppervlakte gelyk. Plaas die lourier blare in die mengsel.

6. Meng die eiers en die melk in ‘n aparte bak, en geur liggies met sout en peper. Gooi die eiermengsel oor die maalvleis.

7. Bak in die oond vir 40 minute, of totdat die boonste lagie ferm (ge-set) en goud bruin is. Laat dit vir 5minute staan voordat jy dit opdien.

8. Bedien bobotie met geel rys, addisionele blatjang, klapper, opgesnyde piesangs.

 

 

2 responses »

  1. Ai Bobotie en ander boeregeregte lê my darem na aan die hart! Die pamoen idee is baie oulik… mens vergeet half soms dat bobotie eintlik heerlike gegeurde maalvleis is wat as vulsel kan dien in ander geregte! Ek is nou sommer lus om self ook vir ons ‘n bak te maak…..

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s