Cannibal Cavern Hawermout Koekies

Gallery

Een van my gunsteling kinder herinneringe is ons uitstappies na die Drakensberge. Ons het altyd as ‘n familie gegaan, ons gesin, my fantastiese Oupa en Ouma en my tannie en haar gesin. Ons het ook altyd by dieselfde oord gebly. Die tradisie by die vakansie oord was dat daar elke oggend twee begeleide toere was na ‘n bestemming in die berge. Die stap roetes was gewoonlik een lang, gevorderde stappie en een korter stappie. Omdat ons as ‘n familie gestap het, het ons gewoonlik die korter stappie gevat. Een van my gunsteling bestemmings was Cannibal Cavern, ‘n klein oorhang grot wat volgens die legendes ‘n groep Zulu ballinge gehuisves het wat gevlug het van Shaka se Impis. Die ballinge moes hulle self aanwend aan Kanabalisme vir oorlewing tydens hierdie stadium. Ons het gedurende ons vakansie gewoonlik een stappie gemaak na die oorhang grot. By die aankoms van die oorhang grot het die toerleier ‘n piekniek vir ons aangebied en dit was by verre die Hawermout koekies (Crunchies) wat vir my die hoogtepunt was van die piekniek. Nou nog omtrent 14 jaar na die fantastiese vakansies by die oord, dink elke keer terug aan hierdie goue oomblikke as ek die koekies maak of iewers te koop sien.

Ek het hierdie koekies ‘n bietjie verander met rosyntjies in, dit is opsioneel. Indien jy net die gewone koekies wil maak,kanjy ‘n vol koppie klapper ingooi in plaas van ‘n helfte koppie klapper en ‘n helfte koppie rosyntjies. Hierdie is ‘n maklike, vinnige resep en die koppies stoor baie goed in ‘n lugdigte houer.

 

Hawermout koekies of Crunchies

 

1 k Hawermout

½ k Klapper

½ k Rosyntjies

1 k Bruin brood koekmeel

¾ k bruin suiker

1 t bakpoeier

1 t  koeksoda

1 t heuning or goue stroop

125 g botter

2 t kook water

 

1. Meng al die droeë bestandele saam, behalwe die koeksoda

2. smelt die botter en stroop saam, meng die koeksoda en kookwater en meng met al die droeë bestandele.

3. Druk in ‘n koekie pannetjie en bak teen 170°C vir 15-20 minute

4. Sny in blokkies terwyl dit nog warm is

2 responses »

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s