Chillie Vark Frikkedelle

Gallery

Hier is die normale roetine van aandete in ons huis, na die eerste happie van die kos gemaak word, word daar besluit watter brand sousie gaan die beste werk saammet die aandete, ons het ‘n groter spread van brand sousie in die spens as meeste ander mense ‘n verskeidenheid CD’s het tuis…

 

Ek het dus besluit ek wil bietjie navorsing doen oor hoekom ons, ons brandsousies so geniet… Volgens Kaptein Google, word daar endorfienes (die “Happy” Hormoon) afgeskei wanneer ‘n persoon iets brand eet. Want elke keer wanneer jou liggaam iets pynvol voel, skei dit endorfienes af, maar die skoonheid van brand kosse is dat dit tog nie werklik pyn veroorsaak nie, so jy kry ‘n cocktail van endorfienes sonder die pyn en dus die rede hoekom sommige mense werklik verslaaf is aan brand kosse. Gelukkig is dit wel ‘n veilige verslawing, want dit is nie asof jou liggaam enige onaangename ontrekkings simptome sal hê as jy nie jou branderige fix kry nie!

Jy kan hierdie frikkedelle bedien met vars chillies of jy kan ‘n chillie laat week oornag in ‘n 50/50 oplossing van wit suiker en wit asyn om die ergste brand te verwyder. Jykanook die chillies reeds so ingelê koop by meeste delis. Jalapeno chillies is my persoonlike gunsteling saammet die vark frikkedelle. Onthou ook indien jy vars kruie gebruik, om dit eers vir so 10 sekondes in kookwater te plaas voordat jy dit opsny en in die mengsel plaas, die kookwater bring die meeste geur uit die kruie! Hierdie frikkedelle is ideal vir ‘n vinnige peuselhappie, dit is baie gesonder as ‘n pak skyfies en die vark worsies ontdooi relatief maklik in ‘n bietjie kook water, indien die verpakking dig geseël is.

 

Chillie Vark Frikkedelle

 

2 x vark worsies (ek het sommer die Escort worsies gebruik, maar enige soort sal doen)

1 eier

Sout en peper

Knoffel

½  t droeë tiemie of ½ bossie vars tiemie

¼ koppie broodkrummels

Olie

Vars Chillies of Chillies ingelê in Suiker & Asyn (vir ‘n bietjie minder brand in die chillies)

 

1. Haal die varkworsies uit die velletjie en meng met al die bestandele behalwe die broodkrummels, olie en chillies

2. maak in klein byt grootte (bite size) balletjies

3. Krummel in die broodkrummels en laat vir 10 minute staan om te set

4. braai totdat bruin in ‘n pan met olie

5. bedien met vars chillies bo-op

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s