Pangebraaide aartappels met suurroom en songedroogde tamaties

Gallery

Die Portugese eet die meeste aartappels in Europa. Aartappels was die eerste kos wat ooit in die ruimte gegroei het, saammet dieColumbiain 1995. Die gemiddelde persoon eet omtrent 500 aartappels in sy/haar leeftyd. Die grootste aartappel is gegroei in Duitsland, dit het 3.2kg geweeg. Die Europereërs was eers skepties oor Aartappels omdat dit nooit in die Bybel genoem was nie. Daar is omtrent 100 verskillende aartappel spesies in die wêreld!

 

Hierdie was weer een van die resepte wat ek vir die eerste keer ge-eet het by ‘n restaurante inPretoria. Ek het dit ‘n hele paar keer probeer by die huis voordat ek min of meer dieselfde smaak gekry het. Ek glo die geheim lê in die feit dat jy eerste die aartapels moet gedeeltelik gaar kry, voordat jy dit panbraai. So maak seker jy maak nie jou aartappels heeltemal gaar nie, anders val dit uit mekaar uit en word amper ‘n gebraaide kapok aartappel gereg.

 

Hierdie is ‘n lekker vinnige resep en jykandit bedien ideal as ‘n vegetariese aandete opsie of as ‘n bygereg.

Pangebraaide aartappels met suurroom en songedroogde tamaties

 

1 x aartappel per persoon

½ ui, fyn opgesny

2 selery stokkies

knoffel

Suurroom

Songedroogde tamaties, in kookwater geweek vir omtrent 10 minute

Growwe sout

Peper korrels

 

1. Sny die aartappels in 2cm skywe, hou die skil aan en kook vir 10minute (jykandit ook stoom in die mikrogolf, so ongeveer 2 minute per aartappel)

2. Droog die aartappels af met ‘n handdoek rol velletjie

3. Braai die uie, opgesnyde selery en knoffel totdat die uie deurskynend is

4. Braai die aartappels tot goud bruin aan weerskante

5. Bedien met ‘n skeppie suurroom en grof opgesnyde tamaties

6. Gooi baie peper en growwe sout bo-oor

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s