Italiaanse Frikkedelle in tamatie en Basil sousie

Gallery

Ons was onlangs by die Hazel Food market, hier inMenlo Park,Pretoria. Ek het die beste paste ooit gekoop by die kos mark, ek was nou al so suinig met hierdie pakkie pasta, om te verseker dat ek soveel as moontlik hoeveelhede pasta daaruitkanmaak. Ek is nogsteeds baie lus om vir my my eie pasta masjientjie te koop, verbeel jou net watter lekker geskenkieskanjy daarmee maak?

Ek het die Italiaanse Frikkedelle resep aangepas van die Ina Paarman resep en ek moet sê dat ek dink hierdie smaak kombinasies is een van my gunsteling Chilliliefde tot op hede! Ek gaan ook hierdie resep lys onder maaltye onder 15 minute want dit is so ‘n maklike en gerieflike resep, jy kan selfs terwyl dit prut vir die 20 minute die tyd gebruik om die bakkies warm te kry of dalk iets warmer te gaan aantrek in hierdie koue weer. Hierdie is ook ‘n kleutervriendelike dis so maak gerus hierdie maklike, maar tog baie smaaklike dis vir die jong span.

Italiaanse Frikkedelle in tamatie en Basil sousie

Frikkedelle

500 g maalvleis

2 t Ina Paarman Maalvleis speserye

2 t koljander

½ K broodkrummels

½ pakkie bruin uie sop

½ k koue water

Olyf olie

1 x Bottel Ina Paarman Tamatie & Basil Pasta sousie (die een in die glas bottel)

1. Meng al die bestandele saam, behalwe die olie en die tamatie sous en laat dit staan vir 10 minute

2. Maak frikkedelle met die mengsel (omtrent so groot so tafel tennis balletjies) en braai in ‘n braai pan totdat dit bruin is.

3. Gooi die Pasta sous oor die frikkedelle en laat dit prut vir 20 minute

4. bedien op ‘n goeie pasta of kapok aartappels

 

3 responses »

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s