Maklike Oond Gebakte Risotto

Gallery


Hierdie oond gebakte risotto is een van die wenners op my blog, dit is so maklik en die byvoegings wat jy daarmeekan doen is eindloos. Ek sal natuurlik ‘n bietjie speel met ‘n paar opsie en dit gereeld hier byheg vir nuwe keuses.

 

Die kort geskiedenis/storie oor Risotto, Valerius, ‘n jong ambagsman het in 1574 ‘n gebrandskilderde glas gemaak vir ‘n katedraal. Gedurende sy werk, het die mense hom gespot en aantuigings gemaak dat dit as gevolg is van saffraan dat die kleure so mooi is in die kunswerk. Hy het soos enige normale jong man besluit om vir hulle van hulle eie medisyne terug te gee. Nadat sy werke voltooi is, het hy met die eerste bruilof wat by die katedraal gehou is, verskriklik baie saffraan by die rys se pot ingegooi, (die rys vas die hoofdis), in plaas van klagtes het die gaste wonderlike terugvoer gehad oor die rys. Dit was die oorsprong van ‘n gegeurde rys, hierdie resep gebruik paprika maar jykandit gerus vervang met saffraan.

Maklike oond gebakte Risotto

½ ui – fyn opgesny

2 selery stokkies

Vars chillies, klein opgesny (opsioneel vir ‘n branderige opsie)

2 e Olie

1 t knoffel

2 t paprika

1 k Arborio of Risotto Rys

100 ml wit wyn

2 k hoender of groente aftreksel (ek het die Ina Paarman groente aftreksel gebruik en dit het baie mooi gewerk!)

Sout en peper

2 eetlepels parmesan kaas

 
1. Skakel oond aan na 180°C

2. Verhit die olie in ‘n pan en braai die uie, selery, vars chillies en knoffel. Wanneer die uie deurskynend is, voeg die paprika by.

3. voeg die rys by, en bedek al die rys met ‘n lagie olie.

4. Voeg die wyn by, en laat dit alles wegkook.

5. plaas die mengsel in ‘n oondvaste bak, gooi die aftreksel by, bedek en bak vir 30 minute

6. maak seker die rys is sag en deurgekook na 30 minute, anders voeg nog ‘n ¼  koppie aftreksel by en laat verder bak in die oond

7. bedien met vars gerasperde Parmesaan kaas

 

2 responses »

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s