Tuisgemaakte Sushi (Sushi DIY) Werkswinkel

Gallery

 

Ek was onlangs baie bevoorregd om saam met my werk op ‘n werkswinkel te gaan om te leer om jou eie sushi te maak. Die werkswinkel was aangebied deur Food Design in Randburg. Die eienaar van die fantastiese plek is Jodi-Ann Pearton. Jodi-Ann is ‘n baie jong sjef, met ‘n pragtige persoonlikheid, sy is maar net 27 jaar oud en is vier keer in ‘n ry aangewys as die Sunday Times sjef van die Jaar.  Nie net het enige sjef dit al meer as twee keer in ‘n ry gewen nie, Jodi-Ann was ook die eerste vroulike kandidaat wat die kompetisie verower het.

 

Jodi-Ann leer ons om ‘n handrol te eet!

Een van die mees opvallendste kenmerke van Jodi-Ann is haar aangename en nederige uitkyk op die lewe. Ek het haar alreeds verlede jaar ontmoet toe sy ‘n praatjie aangebied het vir ons vroulike lede. Sy het die storie vertel van sy as ‘n babatjie gevind is op ‘n stoep en hoe sy ‘n fantastiese kinderlewe gehad het by haar aangeneemde ouers. Sy het later die konsep geleer ken uit Paulo Coelho se boek, The Zahir van ‘n Favourbank. Die konsep gaan oor almal ‘n rekening het by die Favourbank, gedurende jou lewe deponeer mense gunste/gawes/kennis in jou Favourbank en jy ook later ‘n verantwoordelikheid het om depositos te maak in ander persone se rekenings. Sy is een van die mees inspireerende persone wat ek nog ooit ontmoet het in my lewe! Jodi-Ann vertel ook dat haar kombuis vir haar die gunsteling plek is, sy vertel dat in die baie min gevalle wat sy ‘n werknemer moet beruspe, sy vir hulle vra om uit haar kombuis te gaan sodat hulle buite die kombuis kan gesels!

Die proses om sushi te maak was verskriklik “fun” en relatief maklik.Omdie rys perfek te kry is die grootste uitdaging, maar daar is gelukkig ‘n hele Google vol van advies en raad om die rys perfek te kry. Ek het al my aankope gedoen my die Sjinese winkel in Faerie Glen (h/v Cliffendale en Old Farm) en die winkel is iets om verseker te besoek! Die winkel eienares het ook vir my ‘n ge-fotostateerde bladsy gegee oor die kook van rys. Ek het nog nie ‘n ryskoker nie en my rys het nog baie werk voordat dit perfek was, maar die smaak van die uiteindelike produk was so 80% alreeds daar!

 

Die aankope was relatief goedkoop, eintlik verbasend goedkoop. Ek het die vis gekoop by Food Lovers Market, maar jykanblykbaar ook vis koop by Woolworths, jy moet seker maak die vis word aanbeveel vir die maak van sushi. Selfs by Jodi-Ann het ons ook relatief min vis gebruik, sy het vir ons spesiaal ingevoerde vis gegee wat blykbaar verkoop word teen R300 per 100g. Ons het ‘n lekker gesellige kuier gemaak uit die tuisgemaakte sushi geleentheid, met al die gaste wat dit baie geniet het om self ook te probeer sushi maak. En daar was werklik sushi vir Afrika!

 

Ek sal haar werkswinkel ten hoogste aanbeveel, want as jy ‘n sushi fanatic is, soos ons… is daar geen beter kos ondervinding as om jou eie sushi tuis te maak nie, en dit is werklik sommer baie ekonomies!

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s