Stadige vark Toeba’s (Amerikaanse Weergawe)

Gallery

Terwyl ons ‘n episode van Diners and Drive-Ins gekyk het, ‘n kook program op Food Network oor die Amerikaners se Sandwiches het ons monde letterlik begin water van al die interresante, souserige, vetterige toebroodjies wat hulle daar maak. Wat opmerklik was van die program is, dat meeste van hulle die kombinasie het van ‘n stadige geroosterde stuk vleis, wat gemeng word met elke restaurant se unieke sousie en dan bedien word bo-op ‘n broodjie. Wat altyd vir my interressant is van die kookmetodes van Amerikaners is die simplistiese kombinasie, hulle is minder op kruie en geurmiddels as die res van die wêreld, maar hulle kos skree comfort food.

Hulle bestandele is gewoonlik baie gewone bestandele wat omtrent in elke kombuis natuurlik is. Ek het die spesifieke resep probeer opsoek op Food Network wat ons gesien en wat amper ‘n Vaalrivier van kwyl veroorsaak het in ons tv kamer, maar ongelukkig lys hulle nie al die resepte nie. So ek het ‘n bietjie gegoogle en ook ‘n bietjie ge-improvoseer. Baie resepte sê ‘n heel ontbeende boud, nou dit was vir my ‘n bietjie drasties vir net twee mense, so ek het sommer ‘n lekker groot boud tjop gebruik vir hierdie resep en dit het werklik sommer ‘n lekker ekonomiese dis geword. Skat-se-At het voorgestel dat Feta Kaas goed sal werk en ek moet 100% met hom saam stem dat dit hierdie dis gemaak het.

 

Vir die werkende foodies daarbuite sal ek aanbeveel dat jy die vark ‘n dag voor die tyd laat rustig bak in die oond en die volgende dag het jy ‘n maaltyd binne 15 minute!

 

Stadige vark Toeba’s (Amerikaanse Weergawe)

 

1 groot vark boud tjop (ons het ‘n 500g gebruik)

1 t olyf olie

Nomu Smoked Peri-Peri Rub

Die Sousie

¾ k Tamatie Sous

2 t bruin suiker

3 t bruin asyn

¼ k Worscestersos sous

¼ k Blatjang

Garnering

2 e Heelkorrel mosterd

½ wieletjie Feta Kaas

1 panini per persoon

 

1. Smeer die vark tjop met olyf olie en rub en bak stadig, bedek teen 160°C vir ten minste 1.5ure tot 2ure

2. Verwyder met ‘n vurk die vleis om klein, repies getrekte stukkies vleis te kry

3. Gooi al die bestandele vir die sousie in ‘n klein potjie en laat dit prut vir omtrent 5 minute

4. Smeer die panini’s met botter/margarine en maak dit vinnig skrik in ‘n pan (net sodat dit warm, sag en liggie bruin gebraai is)

5. Meng die vark vleis in die sous en skep bo-op die paninis

6. garneer met mosterd en feta kaas
 

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s