Dijon Mosterd Hoender

Gallery

Hoender en mosterd was vir my nogal ‘n snaakse smaak kombinasie, maar toe ek hierdie resep vir die eerste keer gesien het op die groot Google wêreld, het ek al vir Skat-se-At fotos van ons aandete wat ek beplan deur gestuur al 9uur die oggend. Die eind resultaat was fantasties en dit is die beste comfort food ooit!

 

Indien ‘n mens met mosterd kook verlaag dit mosterd se skerp smaak en reuk. Die verskrikklike geel mosterd wat beskikbaar is (veral in Suid Afrika by ‘n Wimpy) is as gevolg van die borrie wat oorspronklik toegevoeg is in die Amerikaanse mosterd, omdat die Amerikaners meer hou van die amper verdunde tipe mosterd smaak as die oorspronklike mosterd.

 

Mosterd is een van die mees antieke geurmiddels en is die oudste condiment of te wel speserymiddel. Mosterd was in die Griekse Hippokratiese tyd gebruik vir sy medisinale voordele om algemene spier pyne te verlig, om te help om tandpyn te genees en dit was ook gebruik as ‘n aptyt stimileerder en spysvertering promoveerder. Mosterd poeier was ook gebruik om in sokkies te sprinkle om frostbite te voorkom!

DijonMosterd Hoender

 

1 ui

1 t knoffel

Olyf olie

4 hoender fillette, happie grootte opgesny

250 g knopie sampioene, gehalveer

50 ml Wit wyn

250 ml room

3 tDijonMosterd

3 t Heel korrel mosterd

Sout en peper na smaak

 

1. Braai die ui en knoffel tot deurskynend

2. Voeg die hoender fillette en braai vir 2-3 minute, of totdat bruin aan beide kante

3. voeg die wyn by en laat dit wegkook

4. voeg die sampioene by

5. gooi die room en mosterds by en laat dit stadig prut totdat die room byna weg gekook het (ten minste 20 minute) Moenie oorhaastig wees met hierdie stap nie, want die stap laat die geure trou en die wonderlike romerigheid/mosterd smaak kom te vore

6. bedien met vars gekookte pasta of Basmati Rys

2 responses »

  1. Mmmm… heerlik vir die bibberweer wat aan die kom is… Miskien moet ek ook bietjie mostert in my eie sokkies sit vir koue voete voor ek in die bed klim. Ek is seker my man sal dankbaar wees.🙂 Dankie vir ‘n oulike post vol interessante feite.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s