Bak en Brou – Kleuter Resep Hartjie Soetkoekies

Gallery

Hierdie is ‘n indrukwekkende koekie en hou die klein kokke sommer lekker besig. Ek het dat sy die eendag die koekies bak en die volgende dag dit versier, om die proses sommer lekker uit te rek en haar langer besig te hou. Jykannatuurlik baie kreatief raak met die vormpies bo-op die koekie en ook die kleure van versiersuiker verander.

 

Bak en Brou – Kleuter Resep Hartjie Soetkoekies

2/3 koppies (160 ml) margarien
¾ koppie (180 ml) suiker
2.5 ml vanielje
1 eier
15 ml melk
2 koppies meel
10 ml bakpoeier
1 ml sout

½ k versiersuiker

1 t kook water

1 druppel pienk voedsel kleursel

1. Room margarien, suiker en vanielje. Voeg die eier en melk by.
2. Sif meel, bakpoeier en sout.
3. Voeg dit by die margarienmengsel. Meng dit deeglik.

4. Skep lepels vol op ‘n bakplaat wat toegevoer is met waspapier en druk plat. Vat die hartjie vormpie koekie druk, en druk omtrent twee derdes af in elke koekie.

5. Bak vir 6 min teen 180°C

6. Laat die koekies afkoel op ‘n droog rak (anders raak die koekies nog bruiner aan die onderkant as jy dit op die bakplaat laat afkoel)

7. Maak ‘n mengsel van die versiersuiker en kook olie, die konsistensie moet lekker dik wees. Plaas dit in ‘n versiersakkie, en kleur die hartjie in. Dit is makliker om eers die randte van die hartjie uit te trek en dan na die binnekant.

8. Laat die versiersuiker hard word

 

 

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s