Tequila Chilliesjokelade Sampioene Bakkies

Gallery

Hierdie is ‘n showstopper van ‘n resep. Ek het ‘n gedeelte van hierdie resep gesien op die internet en besluit om dit liggies aan te pas. Hierdie is die perfekte kombinasie van die beste geure, smake en speserye saammet sampioene. Nie teenstaande vir die feit dat dit fantasties smaak nie, lyk dit ook fantasties as jy dit op dis.

 

Onthou om so met filo deeg te werk, ontdooi dit heeltemal. Plaas ‘n klam vadoek bo-op die rol filo deeg, indien die filo deeg klam gehou word, werk dit baie maklik. Indien dit droog is (amper soos papier) is dit onmoontlik om mee te werk.

Tequila Chilliesjokelade Sampioene Bakkies

 

80g botter

Olyf olie

2 t kaneel

6 heel naeltjies

2 t droeë chillies

½ t growwe peper

250g knopie sampioene (horisontaal gesny)

45ml Silwer Tequila

250 ml Room

30g grof opgesnyde/opgekapte donker sjokelade

Filo deeg

Gesmelte botter vir die smeer van die filo deeg

1 e heuning

Feta kaas

 

Vir die sampioene

1. Gooi botter en olyfolie in ‘n warm pan

2. Voeg die kaneel en naeltjies by

3.  Wanneer die botter begin skuim, voeg die chillies, peper en sampioene by

4. Sorteer totdat dit goudbruin gebraai is

5. Voeg die tequila, room en donker sjokelade by.

6. Laat dit stadig prut totdat die sous lekker dik is en geur met sout na smaak

 

Vir die filo bakkies

1. Sny die filo in vierkantige blokkies, groot genoeg om in jou muffin pan te pas

2. bak in lae in jou muffin pan, tussen die lae smeer een laag gesmelte botter een laag heuning, drie lae is genoeg en eindig met ‘n laag botter

3. Bak vir 7 – 10minute of totdat dit goud bruin is in ‘n oond teen 180°C

 

Bedien saammet warm sampioene in die bakkies, sprinkel met feta kaas

 

 

Lewer kommentaar