Spek-Mielies en Karamel broodjies

Gallery

 

Ek weet dit is winter en dis lekker koud, maar ek het darem nogsteeds regte boere bloed wat sterk deur my are pomp en die cravings vir ‘n goeie ou braai is nogsteeds sterk daar deur al die comfort kos wat ons so gereeld smul.

 

Ek het hierdie twee idees wat ek graag wil deel, vir bygeregte by ‘n braai. Dit is fantasties maklik en kry gereeld komplimente!

Vir die spek-mielies benodig jy die volgende:

 

Een pakkie repies spek

Mielies

 

Draai die mielies toe in die spek en draai dan toe met foelie

Bak dit vir ongeveer ‘n uur teen 180°C of op die kole totdat jykanvoel die mielies is sag

Die mielies benodig nie ektra margarine of botter nie, en die smaak van die spek trek lekker in die mielies in

 

Karamel broodjies (hierdie is veral ‘n wenner met die kinders!)

Gekoopte brood deeg

Bruin suiker (die donker bruin caramel suiker werk die beste)

500ml room

 

Strooi ‘n 1cm dik laag bruin suiker in ‘n gesmeerde oondbak

Rol die brood deeg in balletjies en pak in die oondbak

Laat dit rys tot dubbel die grootte

Gooi die room oor en bak vir 45min (of totdat goud bruin is bo-op) in ‘n oond teen 180°C

Die suiker en room word ‘n lekker karamel lagie onder in die bak

 

One response »

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s