Trinchado – Bloke & Chick Comfort Kos

Gallery

Welkom terug Nadia, welkom terug

Jy mag nooit weer my so afskeep nie

Jy mag nooit weer my asfskeep nie

Welkom terug Nadia, welkom terug!

 

Gesing op die deuntjie van Lekker verjaar en gesing deur Chilliliefde

 

Net as ‘n spesiale super herverwelkoming tot die blog wêreld gaan ek een van gunsteling resepte met julle deel. Trinchado. Ek het hierdie resep gekry by ‘n vriend wat dit gekry het in die weg tydskrif, en volgens my is dit een van die lekkerste resepte vir Trinchado.

 

En vir hierdie hopelik laaste kouefront in Gauteng sal hierdie maklike en super vinnige resep ideal werk as comfort food. Dit is een van die min comfort resepte wat ideal werk as manlike en vroulike kos. Ek is nog opsoek na die ideale vertaling van bloke-food en chick-food. Alle hulp sal waardeer word.

Trinchado

 

500g beesvleis (fillet werk die beste) in 2cm-blokkies gesny

½ bottle Wellingtonsoet rissiesous

50ml sonneblom olie

50 ml worcestersous

50 ml sojasous

25ml asyn

1 ui, fyngekap

1 koppie rooiwyn

2 e fyn knoffel

 

1. Braai die ui in die olie totdat dit sag is, gooi dit dan saam met al die ander bestandele, behalwe die vleis, in ‘n pot en laat dit prut vir 5 minute

2. Voeg die rou vleis by die pot en laat dit gaar kook vir ongeveer 10minute, toets die vleis of dit gaar is en moniteer dit totdat dit lekker gaar is

3. Bedien die trinchado met brood rolletjies of gekapokte aartappels

2 responses »

  1. Dit lyk heerlik. Ek raai koedoe fillet behoort ook lekker te wees ? Daai wellington sous het mos nie regtig ‘n byt nie, kan mens maar ‘n handvol regte chillies ingooi ?
    Bloke-food = ?? Chick-food = hoennerkos ?

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s