Mini Fritatas – my nuwe gunsteling ontbyt

Gallery

Ek hou nie van eiers nie, ek het al seker omtrent 15 jaar terug opgehou eiers eet. Die freaky tekstuur is net vir my aaklig. Ek het al ‘n paar kere weer probeer eiers eet, enigeiets van Eggs Benedict, gekookte eiers, gebakte eiers, maar niks het werklik verder gegaan as een happie. Selfs eiers goed gedoop in my gunsteling chillie sousie het ook net by een happie gebly.

 

Skat-se-at se seuntjie hou ook glad nie van eiers, maar Skat-se-at en die dogtertjie is mal oor eiers. So ek het besluit om hierdie resep vir hulle te maak verlede naweek, spesiaal vir Leila met rooi worsies (want sy is mal oor worsies) en vir Skat-se-At met Rosa Tamaties. Ek het besluit om ‘n regte foodie te wees en ook ‘n happie te probeer – en dit was fantasties! Selfs die seuntjie het ook een van dit ge-eet! Dit proe glad nie soos eier nie, dit is net smaaklik en dit is waarskynlik een van die maklikste resepte wat ek nog ooit probeer het!

Verder is ontbyt vir ‘n groep mense vir my ‘n pyn om te maak, mense verdwyn gewoonlik net voor hulle moet opskep, om gewoonlik te gaan stort of iets dan sit jy met ‘n half lou oorgekookte gebraaid eier, nou is hierdie frittatas my oplossing met die groep ontbyt ding. Jy kan dit voor die tyd voorberei en gaste kan hulleself net help wanneer hulle reg is om te eet. Dit is ook ‘n netjieser ontbyt om voor te berei, geen vuil panne, olie wat jou hele stoof vol gespat het nie, etc. Hierdie is maklik, vinnig, skoon en netjies en super yum, self vir nie-eier eters!

Mini Fritatas – my nuwe gunsteling ontbyt

 

4 x eiers, liggies geklits

¼ k kaas

Sout en peper

¼ k ander vulsel (i.e. rooi worsies, rosa tamaties, soet rissie, ham, gebraaide spek, sampioene, etc)

 

1. Oond aan op 180°C

2. Meng al die bestandele saam en gooi so ¾ vol in ‘n goed gespuite (met Cook & Spray) muffin pannetjie (die Fritatas rys nogal so moenie dit te vol maak nie)

3. Bak vir 20minute in die oond

 

 

 

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s