Chillie Burger

Gallery

Ek is altyd opsoek na nuwe maniere om chillies in die kos in te werk. Ek het hierdie oulike botteljie ingelegde Jalapenos ontdek by ons plaaslike deli in Pretoria (dit is wel nodig vir ‘n besoek, dit is oos in Zambezi rylaan, by Derdepark winkelsentrum) Dit is super fantasties die ingelegde Jalapenos, indien jy nie ingelegde Jalapenos kan vind vir hierdie burgers nie, kan jy die Jalapenos opsny en vir ten minste ‘n dag in ‘n 50/50 oplossing van suiker en asyn laat week.

 

Vir die kinders het ek ‘n groot stuk kaas weggesteek in die patties en hulle was verskriklik bly dat hulle die eerste dubbele kaas burger ge-eet het met kaas bo-op en binne-in.

 

Chillie Burger

 

Vir die “frikkedelle” of patties

500 g   beesmaalvleis (maak omtrent 6 patties)

2 e      WorcesterSous

1          eier

50 g     broodkrummels

1 t        kaneel

1 t        vyngemaalde koljander

1          pakkie tamatie puree

1 t        knoffel

2          fyn gerasperde wortels

3 groot Jalapenos of Ingelegde Jalapenos

sout en peper na smaak

1. Meng al die bestandele goed saam.

2. Maak frikkedelle in ronde balletjies (omtrent so groot soos ‘n golf bal, maar dit hang af van hoe groot jy jou frikkedelle wil he) druk dit plat, in die vorm van ‘n patty. Halveeer die patty en pak ‘n “skelm” lagie chillies in die helfte en maak die patty weer toe.

3. Braai dit in ‘n bietjie olie op ‘n pan vir omtrent so 3 minute aan ‘n kant

Bedien op jou margarien gesmeerde broodjies, wat jy ook vinnig skrik gemaak het in die pan om dit bruin te maak.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s