Slurpie – Grondboontjie botter, sjokelade Smoothie

Gallery

Ons was verskriklik bevoorreg om vir ‘n week na Ponta do Ouro toe te gaan in Mosambiek. Dit is werklik soos ‘n eiland daar, daar is beperkte selfoon opvangs, so jy voel baie ver verwyderd van huis, werk en enige probleme.

 

Een van my hoogtepunte vir die vakansie was die grondboontjie botter smoothie wat ek amper daagliks geniet het. Skat-se-At kon glad nie die woord smoothie onthou nie, so hy dit sommer ‘n slurpie genoem! Ek is mal oor die nuwe naam, as selfs nie eers Google het vir my ‘n Afrikaanse naampie vir ‘n Smoothie nie. So Chilliliefde het sommer nou die naam geherdoop na Slurpie vir Afrikaans.

 

Selfs die twee klein Skat-se-At (die kinders) is mal oor die slurpies en sê dit proe soos ‘n melkskommel. Gelukkig wee tons dat hierdie slurpies is baie gesonder as ‘n melkskommel.

 

Slurpie – Grondboontjie botter, sjokelade Smoothie

 

Maak omtrent 1.5l

 

3 piesangs

2 k Joghurt

2 k melk

2 e grondbootjie botter (die crunchy een werk die beste)

2 e kakao

Ys

 

Meng alles goed saam in “blender” (ek gebruik ‘n hand blender en dan gooi ek net die ys laaste in)

 

One response »

  1. Pingback: Hoender en koolslaai rolletjies “wraps” « chilliliefde

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s