Chillie Brak

Gallery

Terwyl ek hierdie blog skryf, soek ek na die Afrikaanse vertaling vir ‘n russian (jip die worsie een) Ek konsulteer toe my gratis woordeboek-terapeut-regsadviseur-persoonlike liggaams opleier-padkaart-in een ook bekend as Google vir die vertaling van russian. Ek tik in: translate Russian Afrikaans, en groot grap – ek eindig op by ‘n russiese webwerf! Klaarblyklik is daar geen Afrikaans vir Russian!

As die Amerikaners altyd so hulle middag-etes koop by die Warm-Brak trollies op die flieks, dan raak ek altyd super lus vir een van daardie tipe van middagetes. Ek het ‘n vriendin wat vir ‘n jaar lank vrywillige werk gedoen het in SA van Amerika af, en sy het my al vertel hoe opvallend die sosiale vlakke is hier in ons pragtige land. Sy vertel in Amerika sal enige werknemer, van vloer-skoonmaker tot uitvoerende bestuur afstal na die plaaslike warm-brak trollie en daar self middagete gaan koop. Nou verbeel jou ek sien vir Raymend Ackerman by die plaaslike spaza winkel…

Chillie Brak

Vir die sousie:

1 ui

knoffel

200g opgesnyde sampieone

3 opgesnyde chillies (saadjies verwyder)

50ml room

1 e whole grain mosterd

Russians

Vet broodjies (hot dog buns)

Vir die sousie:

1. Braai ui tot deurskynend, voeg knoffel, sampioene en chillie by. Braai vir nog ‘n minuut

2. Voeg room by, en laat dit “reduce”; meng mosterd in die mengsel en bedien warm bo-op jou Russian

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s