Tamatie Oondgebakte Beestert

Gallery

Wat het met Lente gebeur? Die een oomblik loop koulike ek nog met 2 vessies, ‘n trui en ‘n dik baadjie rond, die volgende oomblik is ek in ‘n spaghetti-toutjie hemp en sonblok aan. Gelukkig vir die laaste koue Sondag hier in Pretoria (min het ons vermoed dat dit gaan die laaste koue Sondag wees) besluit ons altwee is lus vir Beestert op kapok aartappels ~~ regte comfort kos!

Ek het vinnig op die blackberry gespring opsoek na ‘n lekker resep en het toe Ina Paarman se resep besluit. Ek het hier en daar ‘n klein verandering gemaak aan die resep en dit was soos gewoonlik ‘n legendariese lekker ete, net soos tannie Ina weet om al haar kos te maak!

Kan jy onthou dat beestert so 15 jaar terug aansienlik goedkoper was as nou? Ek het dit vir my Ouma gevra, want ek kan onthou as kind het ons gereeld bees stert ge-eet vir ‘n gewonde middle van die week ete ( en nee ek is nie familie van die Johan Ruperts nie) blykbaar volgens familie informante was bees stert en lam skenkel gesien as die goedkoper of laer gehalte vleis en dus was dit algemeen as ‘n middle van die week gewone huis kos opgedien. Tannie Ina het natuurlik ‘n fantastiese idee van om ‘n bietjie bees skenkel by te voeg, dan maak dit die dis meer ekonomies. Dit is voorwaar ‘n plan veral as jy hierdie maaltyd vir ‘n familie opdien, want vir kinders is vleis mos maar net vleis, nie waar nie?

 

 

Tamatie Oondgebakte Beestert

500 g bees stert

1 ui, grof opgesny

Sout en peper

750ml Kokende water

3 x Ina Paarmand Bees aftreksel (die silwer klein langwerpige pakkies)

Handvol vars tiemie blare

1 blikkie opgesnyde tamaties

1 x 125g Ina Paarman Songedroogde Tamatie pesto

Halwe suurlemoen sap

2 – 3 wortels, geskil en grof opgesny

omtrent 3 kersie tamaties per porsie vir garnering

1. Braai ui tot deurskynend, voeg die beestert in porsies by en braai tot bruin aan al die kante.

2. Oond aan op 160°C

3. Geur die vleis met speserye (sout en peper en knoffel sout)

4. voeg oor na ‘n gesmeerde oondvaste bak die beestert en ui.

5. voeg die res van die bestandele by (behalwe die kersie tamaties en wortels) en bak geseel met foelie en die deksel vir omtrent 2.5ure

6. voeg die wortels by en bak vir omtrent nog 30 minute

7. rol die kersie tamaties in olyf olie en bak op ‘n bakplaat vir 30 minute

7. bedien op kapokaartappels en garneer met die kersie tamaties

 

2 responses »

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s